Lys-etiket op e-poslyste: ‘n Kort Oorsig
Hierdie paar reëls gee – soos die titel aandui – net ‘n kort oorsig van algemeen aanvaarde etiket op e-poslyste. Dié soort digitale besprekings is geensins nuut nie, en na ‘n geskiedenis van ongeveer dertig jaar het ‘n paar duidelike gemeenskapsnorme ontstaan. Die norme verskil natuurlik van groep tot groep, gemeenskap tot gemeenskap, en selfs van onderwerp na onderwerp. Nuwe (gewoonlik ongeskrewe) norme ontstaan, en die oues word ewolusionêr aangepas om veranderinge te akkommodeer. Beskou hierdie punte dus as ‘n inleiding en ‘n algemene roetegids; niks meer of minder nie.
(meer…)

