Etienne Leroux – Nuwe Media Fenomeen

Geskryf deur Anton Raath | Literatuur | Saterdag 26 Oktober 2002 3:07 pm

In ‘n ateljee in Leuven word ‘n Afrikaanse skrywer herkonstrueer – ‘n skrywer wat al langer as ‘n dekade dood is. Stuk vir stuk herrys een van Afrikaans se grootste seuns, en ook een van Afrikaans se mees verguisde seuns. Die oogmerk van hierdie moderne Frankenstein-verhaal is egter nie om ‘n skrywer van vlees en bloed uit die graf te laat herrys nie, maar om die intellektuele nalatenskap van en oor een van die grootste Afrikaanse prosaskrywers te bewaar en met die wêreld te deel.
(meer…)

Eksistensialisme

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Saterdag 26 Oktober 2002 3:05 pm

N. Sauer skryf oor sy bewuswording van en ervaring met eksistensialisme, asook die invloed van eksistensialisme op Afrikaans.
(meer…)

Afrikaans in Literatuur-Encyclopedie

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Saterdag 26 Oktober 2002 3:02 pm

Vertaler Sabina de Waal skryf:

Tegen eind 2002 zal de Italiaanse uitgever Bompiani een nieuwe uitgave van zijn Encyclopedie van de wereldliteratuur uitbrengen. Mij is gevraagd hierbij te adviseren voor wat betreft de Nederlandse literatuur (d.i. Nederlands en Vlaams) alsook de literatuur in het Afrikaans.

Aangezien in de vorige editie de meest recente titels nog uit de jaren zestig van de vorige eeuw stammen, sta ik voor een enorme taak. Welke criteria leg ik bij de selectie aan? Vanzelfsprekend legt mijn persoonlijk oordeel een groot gewicht in de schaal. Maar daarnaast is de literaire kritiek in Nederland belangrijk, terwijl ik ook de toekenning van literaire prijzen in mijn oordeel betrek. Verder beïnvloeden vertalingen mijn keuze. Deze geven aan, zij het misschien slechts ten dele, naar welke schrijvers en boeken de belangstelling van buitenlandse lezers en/of uitgevers uitgaat. Wat recensies en kritieken betreft heb ik zoveel mogelijk nationale en internationale recensies gelezen. Daarbij is het Internet van groot nut geweest. Mijn werkwijze is vervolgens geweest om titels te selecteren, en de inhoud van de geselecteerde boeken samen te vatten. Vanzelfsprekend is dit vergezeld gegaan van een beknopte schets van de auteurs en hun stijl en van de plaats die zij in het culturele panorama van het betreffende tijdperk innemen. Ook zijn eventuele vertalingen in het Italiaans vermeld.

Wat de Afrikaanse literatuur betreft vermeldde de vorige editie helaas slechts werken van Cilliers, Langenhoven, van Wyk Louw, Marais en Totius. Het is mijn streven om door aanvullingen uw eigen literatuur meer recht te doen en haar daarmee de plaats te geven die zij verdient.

—=—

Persoonlijke gegevens:

Sabina Laetitia de Waal (geboren 1950 te Rome) heeft aan de universiteiten van Florence, Tübingen en Padua filosofie gestudeerd en is daarin cum laude gepromoveerd. Zij vertaalt voornamelijk uit het Duits en het Nederlands en werkt als adviseuse voor verschillende uitgevers.

‘n Woordeboek met ‘n Verskil

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Saterdag 26 Oktober 2002 2:56 pm

Helena Gavera skryf uit Kaapstad.
(meer…)

Rekords vir Afrika II

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Saterdag 26 Oktober 2002 2:52 pm

Carla Masson, redigeerder by Guinness World Records, skryf uit Londen.
(meer…)

René Magritte en die Surrealistiese Beweging

Geskryf deur Anton Raath | Literatuur | Saterdag 26 Oktober 2002 2:41 pm

“Ons bevraagteken beelde vóór ons na hulle luister, ons bevraagteken hulle lukraak. En dan staan ons sprakeloos as die verwagte antwoord nie verskyn nie.” – Paul Nougé, Belgiese Surrealis.

Die Surrealistiese beweging is ‘n eg twintigste-eeuse fenomeen wat die onderbewuste eerder as die bewuste verbeeld. Van groot belang vir die Surrealiste was die Dadaïstiese beweging en die psigoanalitiese navorsing van Sigmund Freud (veral sy boek Die Traumdeutung), en, gevolglik neem Surrealistiese werke reëlmatig ‘n droomagtige vorm aan. ‘n Bekende voorbeeld hiervan is die werke van Salvador Dali, alhoewel Dalí weens sy gebrek aan politieke belangstelling buite die kern van die tradisioneel links-aktiewe Surrealistiese beweging gestaan het.
(meer…)

Multikulturalisme Herbeskou: Afrikaans in Minneapolis

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Saterdag 26 Oktober 2002 2:13 pm

Die Amerikaanse filoloog Jeremy Bergerson skryf oor sy liefde vir Afrikaans.
(meer…)

Bargoens, Taal van Rowers en Landlopers

Geskryf deur Anton Raath | Lage Lande | Saterdag 26 Oktober 2002 2:11 pm

Die ou matroos aan die oorkant van ons tafeltjie praat Nederlands, maar dit kon net sowel Grieks wees. Selfs ons gemeenskaplike Nederlandse vriend verstaan maar net die algemene strekking van sy woorde. Iets van ‘n “preit” en ‘n “glimmerik” en die “mollen” van ‘n “mosse”. Die ou man praat ‘n taal deurspek met woorde uit Bargoens, ‘n “geheime” taal van landlopers, reisende handelaars en boewe. In ‘n taal, baie eeue ouer as hyself, vertel hy ‘n storie van liefde en haat, dood en verdriet, die polisieman of “glimmerik” wat hom gearresteer het, en die priester of “preit” wat hom weer gered het.
(meer…)

Agter op ‘n ou Koevert

Geskryf deur Anton Raath | Poësie | Saterdag 26 Oktober 2002 2:08 pm

Sestiger skrywer, denker en filosoof n. sauer stuur ons hierdie introspektiewe gedig.
(meer…)

Elias P. Nel

Geskryf deur Anton Raath | Poësie | Saterdag 26 Oktober 2002 2:00 pm

‘n Paar gedigte deur die Afrikaanse skrywer digter, Elias P. Nel. Boekwurm.co.za het ‘n beknopte biografie:

Elias P. Nel is op Verneukpan in die Kenhardt-distrik gebore. Hy is tans pakhuisbestuurder vir die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap. Verhale van hom het verskyn in Tydskrif vir Letterkunde en Rooi Rose, en in die bloemlesings Indaba, Storiesjêmpyn en Die stukke wat ons sny. Hy lewer ook gereeld bydraes vir Volksblad se rubriek “Stop van myne”. Hy is stigter en tans voorsitter van die hulpvereniging Vriende van Verneukpan, kategeet in die VGK-gemeente, Kraaifontein en bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging.

(meer…)

Volgende Bladsy »