Op Vakansie

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Maandag 11 Augustus 2003 2:27 pm

Mike bekla sy lot by Kallie. “Man, elke keer wat ek met vakansie Durban toe gaan raak my vrou swanger. Drie vakansies nou al, en drie kinders later.”

“Dis ‘n moeilike saak,” sê Kallie. “Ek neem aan jy gaan nou maar iewers anders heen vir jou vakansie?”

“Nee,” antwoord Mike. “Ek het besluit om haar maar net in die vervolg saam te vat.”

Sondagskool

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Maandag 11 Augustus 2003 2:24 pm

Die seuntjie kom laat by die sondagskool aan. Sy juffrou weet dat hy altyd baie pligsgetrou is en vra toe of daar iets verkeerd is. Hy vertel toe dat hy wou gaan visvang maar dat sy pa gesê het dat hy kerk toe moet kom.

Die juffrou was baie beïndruk en vra toe of sy pa vir hom verduidelik het waarom hy liewer moet kerk toe kom as om te gaan vis vang.

“Ja, Juffrou,” antwoord die seuntjie. “Hy’t gesê hy het nie genoeg aas vir ons altwee nie!”

Mike en die Inbrekers

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Maandag 11 Augustus 2003 2:16 pm

Mike kom by die huis en sien hulle het sy huis leeg gesteel. Hy skakel die polisie, maar tipies neem dit maar lank voor hulle kom. Hy begin net goed opgewerk raak toe die voordeurklokkie lui. Toe hy die deur oopmaak staan die polisieman daar met met Ray-bans en sy polisiehond aan ‘n leisel.

“Nee magtig” sê Mike. “Eers steel hulle my huis leeg en nou stuur hulle vir my ‘n blinde polisieman!”