Dolle Definisies
HUWELIKSERTIFIKAAT : ‘n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.
KRAAI : Spreeu in ‘n aandpak.
KREDIETKAART : Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie.
VLEISBRAAI : ‘n Partytjie waar die kos so ‘n bietjie rou en die gaste so ‘n bietjie gaar is.
WITTEBROOD : Die vakansie wat ‘n man neem voordat hy vir ‘n nuwe baas begin werk.
ALMANAK : ‘n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.
AMBULANS : Kombi met diskoligte.
BAAS : Wat Ma vir Pa laat dink hy is.
BABA : ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.
BABAWAENTJIE : Verlede jaar se pret op wiele.
BEGROTING : Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.
BELASTING : Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid.
BOOM : Iets wat jare op een plek bly staan en dan skielik op ‘n dag voor
‘n voertuig inspring.
BROMMER : Vlieg met ‘n dieselengin.
BRUIDEGOM : Imand wat hom teen iets taais vasgeloop het.
BRUNET : Uitgebrande blondine.
DIËET : ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.
EEND : ‘n Hoender met roeispane vir voete.
EIER : ‘n Voël se geboortedo(r)p.
ETENSTYD : Die enigste tyd wanneer ‘n kind nie wil eet nie.
GERAAMTE : Iemand met sy binnekant buite en sy buitekant weg.
GESINSVAKANSIE : Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.
GEWETE : Iets wat pla as alles baie lekker gaan.
HELIKOPTER : Eierklitser met ambisie.
INRYTEATER : ‘n Plek waar jy ou prente en jong paartjies aantref.
KARSIEK : Dit wat jy elke maand kry as jy die paaiement moet betaal.
KORTPAD : ‘n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.
LEKTOR : Iemand wat die rare talent het om ‘n student aan die slaap te praat.
MATRIEKSERTIFIKAAT : Kwitansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat sy pa betaal het.
MIDDELJARE : Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.
MÔRE : ‘n Plek waar jy alles kan aflaai wat jy gister moes gedoen het.
NOODHULP : Jou kans om gesond te kry voor die dokter jou beetkry.
OUDERDOM : Wanneer jou ledemate harder kraak as jou stem.
POU : ‘n Hoender wat blom.
PREDIKANT : Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar.
ROLSKAATSE : Tekkies sonder remme.
SNIPPERMANDJIE : Iets wat tieners altyd mis kyk.
SNOR : Bolip wat uitrafel.
TAKT : Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen.
WEERVOORSPELLER : Iemand met wie die weer nie altyd saamspeel nie.

