Een Aand Op ‘n bus

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Woensdag 11 Augustus 2004 2:21 pm

‘n Man wat hoog in die takke was, klim een nag op die bus. Hy steier in die gangetjie op en val neer langs ‘n bejaarde dame. Sy kyk hom op en af en sê: “Ek het nuus vir jou. Jy is reguit op pad hel toe.” Die man spring op en roep: “Stop, stop! Ek is op die verkeerde bus!”

Meer Uitdrukkingsvolle Afrikaans

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Woensdag 11 Augustus 2004 2:17 pm

Minder konvensionele (maar meer beskrywende) Afrikaanse vertalings vir Engelse woorde.

backseat driver = skouervlieg

balls-up = knaterflater

blind date = moljol / steekproef

brandy = polisiekoffie

cabby hole = vroeteldoos

chaperone = voëlverskrikker

cycle pants = voëlverklikker

dagga = rondkyktwak

doggie bag = brakkiepakkie / woefkardoes

face-lift = hysbakkies

go-go girl = wikkeldoedie

gynaecologist = koekeloerder / kwaksalwer

hairdresser = dollaklitser

helmet = pletterpet

make-up = jeugdeeg

massage parlour = streelperseel

pimp = hoerboer

quikie = japtrapkap

rapper = rymkletser

sales rep = kommissiekabouter

stapler = draaddrukkertjie / papiervampier

stew = vleismoles

stress = gemoedsbekakking

tantrum = baba-dans / vloermoer

toi-toi = vakbond-vastrap / williewerkie-wals

toothbrush = bekskrop

toyboy = katelknapie / pompjoggie