Die Kreuner

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Vrydag 11 Maart 2005 2:25 pm

In ‘n teater vir volwassenes in Amsterdam sit ‘n man vreeslik en kreun, soveel so dat die bestuurder geroep word om hom te kom stilmaak.

“Ooh… ah… ooh,” kreun die man.

“Meneer,” vra die bestuurder beleefd. “U steur die ander klante in my teater as u so lawaai. Kan dit miskien iets stiller?”

“Ooh.. ah… ek sien die probleem… ooh… ek sal probeer.. ooh,” kreun die man terug.

Maar die kreunery gaan voort, en ‘n polisieman word gebel om hom te kom verwyder.

“Wat is u naam?” vra die polisieman.

“Ooh… Van der Merwe… ah,” antwoord die kreuner.

“En waar kom u vandaan?” wil die polisieman weet.

“Ooh… van die balkon… ah…”

Eksotiese Danseresse

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Vrydag 11 Maart 2005 2:20 pm

Mike antwoord ‘n advertensie in die koerant: “Gewillige werker gesoek. Maklike werk, regverdige betaling.”

“Wel, dis redelik eenvoudig,” sê die agent wat die onderhoud met hom voer. “Ons kliënt is ‘n klub met eksotiese danseresse, en hulle soek iemand om die meisies tussen vertonings met olie in te smeer.”

Dit klink redelik, dink Mike.

“Kan jy more in Bloemfontein wees?” vra die agent.

“Is die klub in Bloemfontein?” wil Mike verbaas weet.

“Nee, die klub is in Johannesburg,” antwoord die agent. “Maar die ry aansoekers trek nou al in Bloemfontein.”