Mike en die Skaap

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Vrydag 27 Mei 2005 9:17 am

Mike stap sy slaapkamer binne met ‘n skaap aan ‘n leiband, terwyl sy vrou in die bed lê en lees.

“En hier is die vark waar ek by slaap wanneer jy ‘n hoofpyn het,” sê Mike.

“Ha!” antwoord sy vrou. “Ek dink jy sal vind dat dit ‘n skaap is!”

“Ha!” antwoord Mike terug. “Ek dink jy sal vind dis met die skaap wat ek praat!”