UP Studente Kies Afrikaans

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Saterdag 29 Oktober 2005 8:52 am

Volgens voorstanders van dubbel-medium onderrig aan die Universiteit van Pretoria (van slegs Afrikaans na gemengd Afrikaans en Engels) is die meerderheid van die studente wel ten gunste van so ‘n aanpassing. Selfs al sou Engels dan die dominante voertaal vir beide administrasie en akademie word, sou ‘n aansienlike persentasie van studente die transformasie steun.

En tog, wanneer die studente kans kry om self ‘n standpunt in te neem, blyk die teenoorgestelde waar te wees. In die afgelope studenteraadverkiesings het meer as 5,000 van 9,300 stemme aan die Vryheidsfront gegaan, aansienlik meer as die 3,300 wat die Vryheidsfront in die vorige verkiesings behaal het. Die Vryheidsfront is uitgesproke pro-Afrikaans, en die studente se enorme steun vir die party se kandidate in die studenteraad is ‘n onomwonde bewys van die steun wat Afrikaans nog op die Tukkie kampus geniet.

 

Foundations of Bilingual Education And Bilingualism (Bilingual Education and Bilingualism) Foundations of Bilingual Education and Bilingualism

Mike en die Bergbewoner

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Maandag 24 Oktober 2005 9:07 am

Mike bly vir ‘n paar dae in die Desembervakansie in ‘n afgeleë hut in die Drakensberge. Op ‘n dag kom ‘n permanente inwoner van die berge in die voetpad voor Mike se hut opgestap. Sy klere is oud en verflenter, daar is gras en hoendervere in sy baard, en hy het byna nie ‘n tand in sy mond nie.

Die bergbewoner sê aan Mike, “More. Nogal eensaam hier bo, is dit nie?”

“Ja, nou dat jy dit noem,” antwoord Mike. “Ek is maar ‘n paar dae hier, en ek voel die eensaamheid al klaar.”

“Wel,” sê die bergbewoner. “Ek woon ‘n paar heuwels wes van hier, en ek hou vanaand ‘n bergpartytjie. Toe dink ek dalk wil jy oorkom.”

Mike wil nie ongeskik wees nie, so hy klink net vaag. “Ek weet nie eintlik wat ‘n bergpartytjie is nie…”

“Ag, ‘n bergpartytjie is maar net ‘n gedans, ‘n gelag, ‘n gedrink, ‘n bakleiery en seks.”

Dit klink vir Mike nie té sleg nie. “Wel… dan sal ek seker oorkom. Is daar iets wat ek moet saambring?”

“Nee wat,” sê die bergbewoner. “Bring maar net jouself.”

“En wat trek ‘n mens aan vir so ‘n bergpartytjie?” vra Mike.

Antwoord die bergbewoner, “Hel, dit maak nie saak nie. Dis maar net ek en jy.”