FW: Afrikaans In Gevaar

Geskryf deur Anton Raath | Politiek, Taalpolitiek | Dinsdag 23 Mei 2006 9:12 am

Oud-president F.W. de Klerk het in Amsterdam erken dat hy bekommerd is oor die voortbestaan van Afrikaans. Volgens de Volkskrant “waarschuwt [de Klerk dat] de waarborgen in de Zuid-Afrikaanse grondwet om de Afrikaanse talen te beschermen, op allerlei wijzen worden omzeild”.

Zo heeft de regering steeds meer de neiging het Engels als enige ambtelijke taal te hanteren. Ook is het aantal scholen waar Afrikaans wordt gesproken afgenomen van 3400 in 1994 tot ongeveer 800 in 2006, en worden de universiteiten gedwongen steeds meer te ‘verengelsen’.

De Klerk was in Amsterdam vir vieringe vir van 125-jarige bestaan van die Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV). Van sy eie rol in die totstandkoming van die benarde situasie vir Afrikaans as kultuurtaal het hy klaarblyklik niks gesê nie.

 

Mandela & De Klerk The Last Trek--A New Beginning: The Autobiography The Last Defenders of the Laager: Ian D. Smith and F. W. de Klerk Charlie Rose with F.W. de Klerk; Ed Bradley (June 14, 1999)

Bierbril

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Vrydag 12 Mei 2006 10:17 pm

Sy sê ek mag nie meer bier koop nie, dit kos te veel. Toe spandeer sy R300 op grimering. Ek vra toe hoekom moet ek bier opgee, maar sy gee geld uit aan grimering.

“Die grimering laat my mooi lyk vir jou,” sê sy.

“Dis waarvoor die bier was,” sê ek.

Ek dink nie sy kom terug nie.