Raakgeskiet
Gegaps by Nicoza:
Die 80-jarige omie besoek sy huisdokter vir sy gereelde ondersoek en die dokter vra hom hoe hy voel. “Uitstekend!” sê die omie. “Ek het nog nooit beter gevoel nie. My 18-jarige bruid is swanger met my kind. Wat sê jy daarvan?”
Die dokter buig vooroor en sê: “Oom, kom ek vertel Oom ‘n storie. Een van my vriende is ‘n kranige jagter wat elke seisoen in die veld is. Eendag was hy ‘n bietjie haastig en gryp toe sy sambreel pleks van sy geweer. So stap hy toe veld in en skielik sien hy ‘n duiker agter die bos voor hom. Hy lig sy sambreel op, lê aan en druk die handvatsel. Boem! En daar val die duiker dood neer.”
“Onmoontlik,” sê die omie. “‘n Ander man moes daai skoot geskiet het!”
“Presies,” sê die dokter.

