Afrikaans Verban Op Radio 2000

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Woensdag 14 November 2007 5:12 pm

Uit die Volksblad:

Geen Afrikaanse musiek mag meer oor die nasionale radiogolwe van Radio 2000 gespeel word nie. Volksblad het gister vertroulik verneem ’n nuwe reël geld van vandag af op dié radiostasie waarvolgens geen Afrikaanse musiek tussen 06:00 en 18:00 gespeel mag word nie.

Nie dat ek ooit na Radio 2000 luister nie, maar nog steeds…

Parkeerplek In Kaapstad

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Donderdag 8 November 2007 4:27 pm

Koos ry op en af in die strate van Kaapstad, op soek na parkeerplek. Uiteindelik kyk hy radeloos op, bo-oor Tafelberg, en begin bid. “Here, stuur asseblief vir my ‘n parkeerplek, dan gaan ek van nou af elke Sondag kerk toe en twee keer op Kersdag.” Net toe, nie tien meter van Koos af nie, trek ‘n stasiewa met ‘n karavaan uit en los ‘n enorme parkeerplek oop. Koos kyk weer op oor Tafelberg, en sê: “Dis OK dankie, los maar die parkeerplek, ek het sommer self een gekry.”

Henry Cele

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Maandag 5 November 2007 2:33 pm

Hartseer nuus uit Suid-Afrika: die briljante akteur Henry Cele is op 2 November oorlede. Dis jammer dat hy nooit die regte internasionale deurbraak gehad het wat hy verdien het nie.