SA Kinders Van Die Slegste Lesers

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Dinsdag 4 Desember 2007 10:52 am

Daar hang donker wolke oor die toekoms van Suid-Afrika, en vir een keer is dit nie die gevolg van stygende misdaad en vallende standaarde nie. Volgens die Progress in International Reading Literacy Study van Boston College is Suid-Afrikaanse kinders van 9 tot 10 jaar oud van die slegste lesers in die wêreld. Die studie toets skoliere in die vierde skooljaar se vermoë om verskillende tekste te lees en te verstaan.

Reuters berig:

Ten-year-olds in Russia, China’s Hong Kong and Singapore show the greatest reading ability among their peers, according to a global literacy study released on Wednesday.

Rounding out the top 10 were Luxembourg, Italy, Hungary, Sweden, Germany, Netherlands and Flemish-speaking parts of Belgium.

The worst performances came from South Africa, Morocco, Kuwait, Qatar, Indonesia, Iran, Trinidad and Tobago, Macedonia, Georgia and Romania.

Nie regtig die soort skoolrapport wat jy wil huis toe vat nie…