‘n Gawe Meisie

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Donderdag 10 Januarie 2008 10:23 pm

‘n Ouerige grap wat nou weer die rondtes doen:

Die telefoon lui en Karel antwoord: “Dagsê!”

Die vrouestem aan die ander kant sê: “Haai. My naam is Susan. Ons het so drie maande gelede op ‘n partytjie ontmoet?”

Karel: “Sjoe, ek kan nie te duidelik onthou nie…”

Susan: “Na die partytjie is jy saam met my na my woonstel toe. Ons het nog ‘n paar doppe gedrink en is toe na my kamer toe. Jy het agterna gesê ek is ‘n baie gawe meisie. Onthou jy my nog?”

Karel: “Ja, my maggies Susan, hoe gaan dit?”

Susan: “Ek is swanger met jou kind en ek gaan selfmoord pleeg.”

Karel: “Liewe land, Susan, maar jy IS ‘n gawe meisie!”