Justice Malala oor Zimbabwe

Geskryf deur Anton Raath | Politiek | Maandag 31 Maart 2008 11:08 am

Justice Malala skryf in die Sunday Times oor die hartseer verhaal van Zimbabwe:

Wanneer ons kinders die geskiedenis van post-koloniale Afrika leer sal hulle ‘n gevallestudie van Zimbabwe moet behandel.
Hulle sal leer hoe die “broodmandjie” van Afrika verval het in chaos, met die hoogste inflasiekoers in die wêreld.
Hulle sal leer dat ongeveer vier miljoen Zimbabwiërs moes vlug vir hongersnood en politieke onderdrukking.
Hulle sal leer hoe ‘n kleptokrasie homself verryk het terwyl die armes moes doodgaan.
Dit sal nie ‘n geskiedenisles wees nie. Dis ‘n ontleding van massamoord.

Hartseer woorde, maar ook bemoedigend. Die eerste stap na herstel is om die probleem te beskryf. Vir té lank was die reaksie van té veel Afrikane eenvoudig om die probleme van Zimbabwe te ontken, maar die probleme van Zimbabwe is nie iets wat die Europese Unie of die G8 of die IMF kan oplos nie. Die probleme van Zimbabwe sal in die sub-kontinent opgelos moet word.