Nieu-Seelandse Biblioteek Brei Uit In Afrikaans

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Vrydag 20 Junie 2008 10:37 am

Alles is nie net slegte nuus vir Afrikaans nie: die Nieu-Seelandse Christchurch stadsbiblioteek begin ‘n Afrikaanse afdeling. Aanvanklik sal daar maar 250 boeke in die Afrikaanse versameling wees, maar as die belangstelling dit regverdig sal die biblioteek sekerlik die afdeling uitbrei.

[Vir liefhebbers van slegte nuus is daar darem ook altyd 'n toegif: Ook swart mense gee moed op in Sake24 en Jong Afrikaners 'trots én keelvol' in Beeld.]

Skelms Maak Skandes

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Woensdag 18 Junie 2008 10:02 am

‘n Ongelooflike nuwe onderskeiding vir Suid-Afrika: weens die hoë vlakke van diefstal deur werknemers van die Poskantoor, het Internet handelaar Amazon besluit om nie meer bestellings per pos na Suid-Afrika te stuur nie. Bestellings uit Suid-Afrika moet nou per koerierdiens afgelewer word, wat volgens Business Day ongeveer R420 by die prys van ‘n DVD las. Suid-Afrika is die enigste land in Afrika waar Amazon so ‘n stap nodig gevind het.

Afrikaans Uit in Standerton Hospitaal

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Maandag 16 Junie 2008 10:37 am

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek ‘n klag teen Standerton Hospitaal, na ‘n amptenaar van die hospitaal na bewering dokters by die hospitaal verbied het om voorskrifte of aantekeninge oor pasiënte in Afrikaans te maak. Die amptenaar, Henriette Lodewyk, het die dokters skriftelik laat weet dat die maatreël bedoel is om misverstande met Engelssprekende verpleegpersoneel te voorkom.

Ruiter In Die Nag T-Hemp

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Dinsdag 10 Junie 2008 11:44 am

Nou te koop by ons CafePress negosiewinkel, “Ruiter In Die Nag” t-hemde:

\"Ruiter In Die Nag\" T-Hemde Nou Beskikbaar