Kat & Muis

Geskryf deur Anton Raath | Humor | Donderdag 16 Oktober 2008 4:38 pm

Die familie muis sit en gesels om die etenstafel toe ‘n kat skielik om die draai kom. Pa Muis spring op, kyk die kat in die oë, en begin blaf. Die kat skrik homself lam en hardloop weg.

Pa Muis draai om en sê vir sy kinders: “Sien julle nou, ek het julle gesê dis belangrik om ‘n tweede taal te leer!”