Bloeiende Boksburg

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis, Humor, Kultuur | Donderdag 13 Augustus 2009 1:56 pm

Wie sou dit kon dink, Boksburg as internasionale vakansiebestemming! Uit die Boston Openbare Biblioteek se versameling van plakkate wat eksotiese vakansies adverteer kom hierdie juweel, uitgereik deur die Boksburg Munisipaliteit en die SAS&H.

Bloeiende Boksburg

Een ding is seker: as jy nie hou van bloed nie, is Boksburg die verkeerde plek vir ‘n vakansie.

Gesien op Twitter

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Woensdag 12 Augustus 2009 11:37 am

“Die radikale aanslag binne die groep is net so sterk as die radikale aanslag van buite. Miskien sterker en dodeliker.” Etienne Leroux op Twitter.

Afrikaans Nou Ook Op Reddit

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Dinsdag 11 Augustus 2009 9:46 am

Die sosiale nuus website Reddit het nou ook ‘n kategorie vir Afrikaans. Artikels oor en in Afrikaans kan hier gedeel word. Die voordeel van Reddit bo soortgelyke websites is dat Reddit se gemeenskap werklik besluit watter artikels na bo dryf en watter artikels sink. Anders as hulle mededingers kan enkele Reddit gebruikers met te veel tyd op hul hande nie die status van artikels maklik manipuleer nie.

Natuurlik, ‘n kategorie soos Reddit Afrikaans kan net werk as mense aktief artikels toevoeg en op- of afstem. So hoekom nie ‘n paar goeie artikels toevoeg nie?

Etienne Leroux op Twitter

Geskryf deur Anton Raath | Literatuur | Dinsdag 4 Augustus 2009 11:46 am

Oor minder as 5 maande is dit presies 20 jaar sedert die skrywer Etienne Leroux permanent na Welgevonden verhuis het. Hy was altyd “with it”, op hoogte van wat aangaan in die breër wêreld buite Koffiefontein. Ek dink graag hy sou vandag in sy studeerkamer agter ‘n rekenaar gesit het, sigaret in die hand en sy Hermes tikmasjien uit die pad geskuif, en sy wysheid met die wêreld gedeel het via Twitter. Volg hom hier.