Mike en die Spietkop
Kallie die spietkop stop vir Mike.
“Mike, weet jy hoe vinnig het jy gery?” vra Kallie. “Gee my jou rybewys en jou ID-boekie.”
Mike grawe eers in sy beursie, dan in sy rugsak, en laastens tussen die gemors op sy kar se agterbank.
“Hoe lyk hierdie rybewys wat jy soek, Kallie?” vra Mike.
“Dis vierkantig, en dit het jou foto op,” antwoord Kallie ongeduldig.
Mike hou aan grawe, en trek uiteindelik sy budgie se spieëltjie tussen die gemors uit. Hy kyk daarin, en ja wragtag, dis vierkantig en dit het sy foto op.
“Hier, dis my rybewys,” sê hy vir Kallie terwyl hy die spieëltjie aangee.
Kallie vat dit en kyk, kyk dan weer, en gee dit terug met ‘n skaperige glimlag.
“Nee hel, ou Mike,” sê hy. “As ek geweet het jy is ook ‘n spietkop het ek jou nooit gestop nie.”
