Misdaadsyfers in Suid-Afrika

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen,Politiek | Maandag 9 Julie 2007 4:26 pm

Dat misdaad buite beheer is in Suid-Afrika weet meeste Suid-Afrikaners reeds, maar die presiese skaal van misdaad word veral duidelik as mens dit grafies kan voorstel:

Die syfers is reeds ‘n paar jaar oud, en nie noodwendig 100% akkuraat nie, maar indien enigiets is dit laer as die werklikheid.

Mandela Oor Oprah

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Woensdag 23 Mei 2007 4:15 pm

Miskien is dit net my eie vooroordele, maar is hierdie artikel op Time se website nie hopeloos verkeerd om nie?

Mandela Oor Oprah

Dink van Nelson Mandela wat jy wil, maar hy is iemand. ‘n Niemand soos Oprah sou ‘n dwepende artikel oor hom moet skryf, en definitief nie soos dit hier is nie.

Die Brights, Helder Liggies in die Donker

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Donderdag 22 Maart 2007 11:02 am

Die BrightsDie Brights is ‘n internasionale, los georganiseerde beweging van vrydenkers, agnostici, atheïste, deïste en enigiemand met ‘n naturalistiese beskouing van die wêreld. Self definieer die beweging ‘n “bright” as:

  • Iemand met ‘n naturalistiese beskouing van die wêreld.
  • Iemand met ‘n beskouing van die wêreld waar bonatuurlike en mistiese elemente nie ‘n rol speel nie.
  • Iemand wat sy of haar etiek en aksies op ‘n naturalistiese beskouing van die wêreld baseer.

Vir ‘n los georganiseerde beweging het die Brights gou ‘n klomp groot name aangetrek: Daniel Dennett, James Randi, Richard Dawkins.

Die beweging verdedig sy bestaansreg op basis van drie doelstellings:

  • Bevorder ‘n algemene maatskaplike begrip van en erkenning vir die naturalistiese wêreldbeskouing, sonder bonatuurlike of mistiese elemente.
  • Skep publieke erkenning dat mense met so ‘n beskouing van die wêreld ook beginselvas kan deelneem aan sake van publieke belang.
  • Voed die gemeenskap op om die volle en gelyke publieke deelname van sulke individue te aanvaar.

Ek sou graag ‘n basiese opsomming van hul website in Afrikaans wil opsit, maar ‘n haakplek is die vertaling van die woord “Bright”. Die Nederlandse Brights het gekies om die naam net so te hou. Ek gril van die verafrikaansde “Braaits”. En ‘n nuutskepping mis miskien heeltemal die doel, om ‘n gemeenskap te skep onder ‘n naam wat dwarsdeur verskillende tale en kulture herkenbaar is. Enige idees oor hoe om dit aan te pak?

Raakgeskiet

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Dinsdag 31 Oktober 2006 4:21 pm

Gegaps by Nicoza:

Die 80-jarige omie besoek sy huisdokter vir sy gereelde ondersoek en die dokter vra hom hoe hy voel. “Uitstekend!” sê die omie. “Ek het nog nooit beter gevoel nie. My 18-jarige bruid is swanger met my kind. Wat sê jy daarvan?”

Die dokter buig vooroor en sê: “Oom, kom ek vertel Oom ‘n storie. Een van my vriende is ‘n kranige jagter wat elke seisoen in die veld is. Eendag was hy ‘n bietjie haastig en gryp toe sy sambreel pleks van sy geweer. So stap hy toe veld in en skielik sien hy ‘n duiker agter die bos voor hom. Hy lig sy sambreel op, lê aan en druk die handvatsel. Boem! En daar val die duiker dood neer.”

“Onmoontlik,” sê die omie. “‘n Ander man moes daai skoot geskiet het!”

“Presies,” sê die dokter.

Taal en Waarneming

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Sondag 12 Februarie 2006 6:12 pm

Die Amerikaanse wetenskaplike vakblad Proceedings of the National Academy of Sciences berig in sy uitgawe van Januarie 2006 oor die manier waarop taal ons ervaring van die wêreld beïnvloed. Die Nederlandse publikasie Kennislink.nl skryf in sy Nederlandse opsomming van die artikel:

Zo is er een verschil tussen sprekers van het Engels en sprekers van het Tarahumara, een taal uit Mexico, in hun beoordeling van de kleuren ‘groen’ en ‘blauw’. Terwijl de Engelsen een duidelijk onderscheid maken tussen de twee kleuren, doen de sprekers van het Tarahumara dit niet. Zij kennen ook maar één woord voor beide kleuren.

Die vier skrywers van die artikel kom tot die konklusie dat taal net die helfte van die verhaal vertel: die spoed en akkurasie waarmee inligting verwerk word hang nie net af van die taal van die waarnemer nie, maar ook van welke kant van die brein die prosessering doen.

Die volle artikel, Whorf hypothesis is supported in the right visual field but not the left, kan hier gelees word.

Afrikaanse Linux User Group (aflug)

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Dinsdag 6 Desember 2005 1:35 pm

Oopbron kampvegter Charl van Niekerk skryf dat die Afrikaanse Linux User Group (aflug) sopas gestig is. LUGs is ‘n trotse tradisie van Linux en die oopbron wêreld. Die meeste gebruikersgroepe het ‘n geografiese basis, en aflug is een van die min (die enigste?) met ‘n taal as basis. Op die oomblik is daar nog minder as tien lede ingeskryf, so as jy die gebruik van oopbron sagteware ondersteun (of meer daarvan wil leer) en die gebruik van Afrikaans in die tegnologiewêreld wil bevorder, maak gou en skryf in.

 

A Practical Guide to Linux(R) Commands, Editors, and Shell Programming Linux Administration Handbook (2nd Edition) Ubuntu 6.10 (PC Edition)

‘n Nuwe Horison

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Woensdag 17 Augustus 2005 10:32 am

Afrikaans.be is terug in ‘n nuwe gedaante, meer gerig op die gees van die tyd en die voordele wat die nuutste tegnologie inhou. Minder hiërargies, eerder ‘n aantal vervlegde temas en storielyne.

Die nuwe stelsel hou ‘n aantal voordele in, onder andere meer kategorieë wat maklik aangepas kan word, dis meer oorsigtelik, dis moontlik om kommentaar te lewer op artikels, en daar is ‘n soekfunksie wat alle inhoud dek.

Vir die eerste paar weke sal daar sekerlik ook probleme kan voorkom. Die stelsel waarop ons nou werk — Movable Type — is Amerikaans, en alhoewel daar ‘n Nederlandse vertaling voor bestaan moes ons die Afrikaans hier self bybou. Daar sit nog heelwat Nederlands en Engels in die stelsel, maar mettertyd sal dit alles Afrikaans word.

Hier en daar kan daar probleme wees met style (CSS), maar hopelik is dit ook iets wat ons gou kan opspoor en oplos!

U of jy?

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Vrydag 5 Augustus 2005 1:29 pm

‘n Pynlike kwessie vir Afrikaanstaliges in Nederlands is die subtiele gebruik van “jy” en “u”. Nes in Suid-Afrika het die riglyne wat hierdie twee anspreekvorme in Nederland en Vlaandere reguleer stadigaan verander oor die jare. Veral in Vlaandere, waar ouers ook vir kinders “u” kan sê, kan Afrikaanstaliges hulself sleg vasloop. In ‘n artikel “Steeds minder mensen zeggen ‘u’” in Taalschrift skryf Hanny Vermaas:

Voor mijn promotieonderzoek bracht ik het u- en jij-gebruik van 1500 personen verdeeld over drie generaties in kaart. Al vlug stelde ik vast dat je het gebruik van beide aanspreekvormen niet afdoende kan verklaren met criteria (of: dimensies) als beleefdheid en vertrouwelijkheid. Hier spelen andere factoren mee.

Die belangrikste faktore blyk “status, solidariteit en formaliteit” te wees, en die tyd en plek (en konteks) bepaal watter aanspreekvorm gebruik word.

Eksistensialisme

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Saterdag 26 Oktober 2002 3:05 pm

N. Sauer skryf oor sy bewuswording van en ervaring met eksistensialisme, asook die invloed van eksistensialisme op Afrikaans.
(meer…)

Afrikaans in Literatuur-Encyclopedie

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Saterdag 26 Oktober 2002 3:02 pm

Vertaler Sabina de Waal skryf:

Tegen eind 2002 zal de Italiaanse uitgever Bompiani een nieuwe uitgave van zijn Encyclopedie van de wereldliteratuur uitbrengen. Mij is gevraagd hierbij te adviseren voor wat betreft de Nederlandse literatuur (d.i. Nederlands en Vlaams) alsook de literatuur in het Afrikaans.

Aangezien in de vorige editie de meest recente titels nog uit de jaren zestig van de vorige eeuw stammen, sta ik voor een enorme taak. Welke criteria leg ik bij de selectie aan? Vanzelfsprekend legt mijn persoonlijk oordeel een groot gewicht in de schaal. Maar daarnaast is de literaire kritiek in Nederland belangrijk, terwijl ik ook de toekenning van literaire prijzen in mijn oordeel betrek. Verder beïnvloeden vertalingen mijn keuze. Deze geven aan, zij het misschien slechts ten dele, naar welke schrijvers en boeken de belangstelling van buitenlandse lezers en/of uitgevers uitgaat. Wat recensies en kritieken betreft heb ik zoveel mogelijk nationale en internationale recensies gelezen. Daarbij is het Internet van groot nut geweest. Mijn werkwijze is vervolgens geweest om titels te selecteren, en de inhoud van de geselecteerde boeken samen te vatten. Vanzelfsprekend is dit vergezeld gegaan van een beknopte schets van de auteurs en hun stijl en van de plaats die zij in het culturele panorama van het betreffende tijdperk innemen. Ook zijn eventuele vertalingen in het Italiaans vermeld.

Wat de Afrikaanse literatuur betreft vermeldde de vorige editie helaas slechts werken van Cilliers, Langenhoven, van Wyk Louw, Marais en Totius. Het is mijn streven om door aanvullingen uw eigen literatuur meer recht te doen en haar daarmee de plaats te geven die zij verdient.

—=—

Persoonlijke gegevens:

Sabina Laetitia de Waal (geboren 1950 te Rome) heeft aan de universiteiten van Florence, Tübingen en Padua filosofie gestudeerd en is daarin cum laude gepromoveerd. Zij vertaalt voornamelijk uit het Duits en het Nederlands en werkt als adviseuse voor verschillende uitgevers.

« Vorige BladsyVolgende Bladsy »