Stellenbosch Uit 1819

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Dinsdag 7 September 2010 4:37 pm

Hier is die inskrywing vir Stellenbosch uit die 1819 uitgawe van The cyclopaedia: or, universal dictionary of arts, sciences, and literature, Volume 34, en die beskrywing verskil nie veel van enige beskrywing van vandag se Stellenbosch nie:

STELLENBOSCH, in Geography, a small town of Southern Africa, near the Cape of Good Hope. It consists of three long straight streets, running parallel to each other, and several cross streets intercepting these at right angles. The houses are all spacious, and substantially built, though only thatched with straw.

Each street resembles an avenue, since, on both sides before the houses, are large sturdy oaks, which are almost as old as the place itself, which was built at the beginning of the former century, though it was wholly burnt down in 1710. In December, 1803, a similar accident happened, when the number of houses left standing was about 80. The church was built in 1722, and though not equal in size to the churches of Roodezant and Paarl, it is no way inferior to them in point of architecture.

The number of inhabitants at Stellenbosch, including slaves and Hottentots, is estimated at 1000. Every person in this town carries on, with his trade, some portion of agriculture and horticulture; and as there are none who can be called actually poor, who labour for hire, they are obliged to have slaves, who do not pay the expence of keeping them.

Strangers, who in their long voyages make any stay at the Cape, never fail to visit Stellenbosch; and people of property at the Cape Town also, in the fine season of the year, often make parties of pleasure to this fertile spot. Hence houses are fitted up here for the accommodation and entertainment of strangers.

Hoe meer dinge verander…

Historiese Nederlandse Taalkunde

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis,Lage Lande,Taalkunde | Donderdag 29 Oktober 2009 11:24 am

‘n Fees vir filoloë, leksikograwe en ander woordvreters: drie historiese Nederlandse woordeboeke is nou online beskikbaar, met ‘n vierde wat binnekort volg. Die drie wat reeds danksy die Instituut voor Nederlandse Lexicologie beskikbaar is, is:

  • * Oudnederlands Woordenboek
  • * Vroegmiddelnederlands Woordenboek
  • * Woordenboek der Nederlandsche Taal

Die Middelnederlands Woordenboek word volgens die INL in 2009 nog bygevoeg.

Op Google Books is daar ook ‘n paar interessante boeke vir liefhebbers van historiese Nederlands:

Schatkamer der Nederlandsche Oudheden, deur Ludolf Smids (1774)

Ernstighe Teghen-spraeck Aen de Maeght van Hollandt, Vincent van Drielenburch (1617)

Verhandeling over de vlaemsche spelkunst, Pieter Behaegel (1837)

Al drie boeke is ook as PDF beskikbaar.

Bloeiende Boksburg

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis,Humor,Kultuur | Donderdag 13 Augustus 2009 1:56 pm

Wie sou dit kon dink, Boksburg as internasionale vakansiebestemming! Uit die Boston Openbare Biblioteek se versameling van plakkate wat eksotiese vakansies adverteer kom hierdie juweel, uitgereik deur die Boksburg Munisipaliteit en die SAS&H.

Bloeiende Boksburg

Een ding is seker: as jy nie hou van bloed nie, is Boksburg die verkeerde plek vir ‘n vakansie.

Krüger Weg Uit St. Gallen

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen,Geskiedenis | Dinsdag 2 Junie 2009 10:53 am

St. Gallen in Switserland het besluit om ‘n straat wat na oud-President Paul Krüger vernoem is, te hernoem na die Switserse skrywer en dramaturg Friedrich Dürrenmatt. Volgens ‘n artikel in Beeld:

Mnr. Theo Buff van die dorp se beplanningsafdeling het gesê die naam is verander “as gevolg van ’n verbintenis met rassisme”. “Binne die destydse konteks kan ’n mens verstaan dat ’n straat na Kruger genoem is, maar dit kan nie meer geregverdig word nie.”

Vreemd hoe die rassisme nie so erg was tydens apartheid nie, maar juis nou ‘n probleem geword het!

Krügerstrasse

Foto’s Uit Die Boereoorlog

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Saterdag 25 April 2009 12:29 pm

Nog foto’s uit die argiewe van Life.

Boere in Loopgraaf

Britse Soldate Gavang Deur Boere

Kanadese Troepe Storm 'n Buitepos (Naby Sunnyside?)

Verwoesting

Durban Vloot Vrywilligers In Ladysmith

President Paul Kruger

Britse Ballonkorps Rigting Johannesburg

Pretoria Val

Winston Churchill Met Ander Britse Gevangenes

Boere Met Ossewa

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Saterdag 25 April 2009 11:57 am

‘n Foto uit die argiewe van Life.

Boere Met Ossewa

Misdaad In Johannesburg Byna 60 Jaar Reeds Buite Beheer

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Maandag 2 Februarie 2009 1:27 pm

In Afrika is daar werklik niks nuuts onder die son nie, in elk geval nie in Suid-Afrika nie. ‘n Artikel in die Amerikaanse tydskrif Jet uit 1951 berig oor… die hoë vlak van misdaad in Johannesburg. Onder die opskrif “Crime High in South Africa” haal die tydskrif aan uit die African Drum, en beweer onder meer dat “one in 24 of all Africans on the Reef (native quarter) will be murdered”.

Crime High in South Africa - Jet

Vlaanderen en de Anglo-Boerenoorlog, 1899-1902

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Donderdag 10 Februarie 2005 1:32 pm

Dr. Jan-M. Goris, stadsargivaris van Herentals, skryf in 1999 die volgende artikel as katalogusteks vir ‘n tentoonstelling Vlaanderen en de Anglo-Boerenoorlog, 1899-1902, gehou in die Bernarduscentrum in Antwerpen, van 14 tot 24 Desember 1999 en 4 tot 14 Januarie 2000. Hierdie teks verskyn met vriendelike toestemming van Dr. Goris.
(meer…)

Laaste Toespraak van Paul Kruger

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Maandag 23 Desember 2002 1:19 pm

Hierdie finale toespraak van Paul Kruger, laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, is op 29 Junie 1904 geteken in antwoord op ‘n Volkskongres wat op 23-25 Mei 1904 in Pretoria gehou is. (Die teks word oorgeneem uit ‘n berig wat op die Groep van 63 se poslys verskyn het.)
(meer…)

Some Boer Characteristics

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Donderdag 25 April 2002 11:34 am

Hierdie artikel uit die The North American Review, volume 170 uitgawe 518, van Januarie 1900, gee ‘n Amerikaner se perspektief op wie en wat die Boere was. Heelwat van die opvattings en vooroordele kan sekerlik met ‘n knippie sout geneem word.
(meer…)

Volgende Bladsy »