Pick ‘n Pay Reklame Sukkel in Afrikaans
Pick ‘n Pay bereik nuwe kreatiewe hoogtes met hulle Afrikaanse reklame. Wat van ‘n “natmaak blikkie” vir ‘n gieter?
Pick ‘n Pay bereik nuwe kreatiewe hoogtes met hulle Afrikaanse reklame. Wat van ‘n “natmaak blikkie” vir ‘n gieter?
Die dominee besoek Israel en kom op ‘n skare af.
“Wat gaan hier aan?” vra hy.
“Nee”, sê een ou. “Hier kom nou-nou ‘n trop kamele met kaal meisies op verby.”
“O”, sê die dominee, “Dan wag ek maar – ek het nog nooit ‘n regte kameel gesien nie…”
[Gesteel by Roekeloos.]
Wie sou dit kon dink, Boksburg as internasionale vakansiebestemming! Uit die Boston Openbare Biblioteek se versameling van plakkate wat eksotiese vakansies adverteer kom hierdie juweel, uitgereik deur die Boksburg Munisipaliteit en die SAS&H.
Een ding is seker: as jy nie hou van bloed nie, is Boksburg die verkeerde plek vir ‘n vakansie.
Die familie muis sit en gesels om die etenstafel toe ‘n kat skielik om die draai kom. Pa Muis spring op, kyk die kat in die oë, en begin blaf. Die kat skrik homself lam en hardloop weg.
Pa Muis draai om en sê vir sy kinders: “Sien julle nou, ek het julle gesê dis belangrik om ‘n tweede taal te leer!”
Mike Schutte, bokser, filmster en hoofkarakter van ‘n duisend Afrikaanse grappe, is dood. Wie kan ooit die klassieke Terence Hill/Bud Spencer film Io sto con gli ippopotami (I’m for the Hippopotamus) vergeet? Wel, die meeste mense, natuurlik, dit was ‘n verstommend vergeetbare film, maar ek onthou wel die koue skoolsaal waar ons in die 70s op die grond gesit het om die film te kyk, en daar was ons eie Mike in ‘n internasionale film as een van die bad guys. Dankie vir die grappe, Mike.

‘n Gemaskerde man storm die bank waar Mike werk binne en skree dat hulle al die geld in ‘n sak moet sit.
‘n Oomblik later vat hy die vol sak by ‘n bankklerk en vra: “Het jy my hierdie bank sien beroof?”
Die man antwoord: “Ja, natuurlik.”
Die rower lig sy geweer en skiet die klerk tussen die oë.
Dan draai hy na die volgende klerk, ons vriend Mike.
“Het jy my hierdie bank sien beroof?” vra die rower vir Mike.
“Nee, nie met ‘n oog nie,” antwoord Mike ernstig. “Maar ek hoor my skoonma het.”
‘n Ouerige grap wat nou weer die rondtes doen:
Die telefoon lui en Karel antwoord: “Dagsê!”
Die vrouestem aan die ander kant sê: “Haai. My naam is Susan. Ons het so drie maande gelede op ‘n partytjie ontmoet?”
Karel: “Sjoe, ek kan nie te duidelik onthou nie…”
Susan: “Na die partytjie is jy saam met my na my woonstel toe. Ons het nog ‘n paar doppe gedrink en is toe na my kamer toe. Jy het agterna gesê ek is ‘n baie gawe meisie. Onthou jy my nog?”
Karel: “Ja, my maggies Susan, hoe gaan dit?”
Susan: “Ek is swanger met jou kind en ek gaan selfmoord pleeg.”
Karel: “Liewe land, Susan, maar jy IS ‘n gawe meisie!”
Koos ry op en af in die strate van Kaapstad, op soek na parkeerplek. Uiteindelik kyk hy radeloos op, bo-oor Tafelberg, en begin bid. “Here, stuur asseblief vir my ‘n parkeerplek, dan gaan ek van nou af elke Sondag kerk toe en twee keer op Kersdag.” Net toe, nie tien meter van Koos af nie, trek ‘n stasiewa met ‘n karavaan uit en los ‘n enorme parkeerplek oop. Koos kyk weer op oor Tafelberg, en sê: “Dis OK dankie, los maar die parkeerplek, ek het sommer self een gekry.”