Hoezit Dame
‘n Deftige dame stap op ‘n oggend verby ‘n troeteldierwinkel, op pad werk toe. Reg voor die winkel sit ‘n papegaai in sy kou.
Toe die vrou verbyloop gee die die papegaai ‘n fluit, en skree agter haar aan: “Hoezit dame, djy’s kak lielik!”
Verontwaardig stoom die vrou weg.
Die volgende oggend is dit dieselfde storie. Die vrou stap verby die papegaai se kou, en hy skree agter haar aan: “Hoezit dame, djy’s kak lielik!”
Na ‘n week van sulke beledigings stap die vrou die winkel in om die eienaar te sien.
“As jy nie jou papegaai kan laat ophou om my te beledig nie, gaan ek jou dagvaar vir laster,” dreig sy. “Op die koop toe sal die hof jou waarskynlik dwing om die papegaai te laat uitsit.”
Die volgende week stap sy weer verby die troeteldierwinkel. Nes sy langs die papegaai se kou is, sê hy: “Hoezit dame.”
Sy stop, en kyk hom reg in die oë. Sy is reg vir hom. “Wat?”
“Djy wiet mos.”



