Afrikaans.be » Kos & Wyn

Kerriepotjie
Vir enigiemand op soek na ‘n goeie resep vir potjiekos, hier is een (gevind op e.Soek — op die oomblik nie bereikbaar nie):

1 kg skaap- of lamsvleis in blokkies gesny

kookolie

1 knoffelhuisie geskil en gekap

5 ml koljander

6 heel naeltjies

1 klein blikkie tamatiepasta

10 ml bruin asyn

25 ml blatjang

sout na smaak

2 uie geskil en in ringe gesny

5 ml borrie

15 ml kerriepoeier

1 stukkie heel pypkaneel

5 ml fyn jeera (komein)

250 ml appelkooskonfyt

25 ml suiker

1 groen rissie pitjies verwyder en skil gekap

250 g gedroogde appelkose in ‘n bietjie water geweek

5 ml fyngedrukte groen gemmer

1 groen soetrissie (green pepper) pitte verwyder en gekap

250 ml karringmelk of Bulgaarse jogurt

Gebruik ‘n nr. 3-pot

Braai die vleis in die olie. Voeg sout by, voeg dan uie en knoffel by, laat

effens bruin word, en voeg dan al die ander bestanddele, behalwe konfyt, blatjang en karringmelk of jugurt by.

Prut stadig vir 2.5 ure of tot die vleis sag is. Voeg dan ander bestanddele

by. Voeg nog sout by indien jy sou verkies.

Bedien met gekookte rys of net so met gekapte tamatie en uie.

This is Potjiekos, Potjiekos from Huisgenoot, Annette Human Se Raakvat-resepte, Kos vir die kenner: ‘n kookboek met meer as duisend goeie resepte, Huffel En Suffel: Resepte Vir Vingers Aflek

Sonnewyn Vir Uitwykers!
Derek Koch van Cape Classic Wines skryf oor wat gebeur in die wynwêreld in Suid-Afrika.

Vir dié van ons wat nou midde-in die koue winter sit, is Suid-Afrika nog maar die Sonland en baie van ons is immers uitwykers iewers in die vreemde.

Dalk is daar op 18 Januarie ook so ‘n paar “expats” te sien in die St. Nicholaas kerkie in Stellenbosch, want dan word die Fees van die Heilige St. Vincent van Saragossa, (die heilige van alle wynmakers) gevier, en ‘n toepaslike plek is dit ook, want dié ou strooidakkerkie is die enigste kerk in Suid-Afrika wat kan spog dat dit in ‘n vroeëre lewe ‘n wynkelder was!

Die Kaap het ‘n besonderse goeie wynjaar agter die rug – met steeds stygende uitvoere. Vinfruco het byvoorbeeld so goed gedoen met die uitvoer van hulle Arniston Bay wyn (‘n Chenin Blanc / Chardonnay versnit in wit; in rooi is dit ‘n Ruby Cabernet / Merlot versnit) na Brittanje, wat 48% van alle Suid-Afrika uitvoerwyn opslurp (met die Britse supermarkte wat tot 70% hiervan weer opneem) dat hulle nou die wyn ook in Suid-Afrika gaan verkoop en nie net in die buiteland nie.

Ander, welkome verskynsels is die stygende profesionalisme wat deesdae orals te sien is in die Kaapse wingerdgeledere, en dan was daar ook ‘n regverdige herverdeling van ons wynpatrimonium onder die werkers van die menigte wynplase.

Op “brag”-gebied kan ons spog met die pragtige goue medaljes wat uitgedeel is: van die Veritas soort en ook van die internasionale grootmenere, byvoorbeeld die goud wat Graham Beck Old Road Pinotage 1998 op die Concours de Mondial in Brussel losgeslaan het.

Van die meer belangrike tendense is dat daar nou ‘n aanvaarding begin posvat dat “terroir” (daardie unieke Franse word wat die mikro- en makroklimaat, die bodem en geografie van ‘n besondere stuk wingerd beskryf, en wat dan die wingerde daarop spesiaal of anders maak) ook in Suid-Afrika belangrik word.

Ek hoop dat die organiese / biologiese neiging nie by ons Kaapse wynmakers verby sal gaan nie – dis die toekoms van wyn. Daar bestaan wel die sogenaamde IGP (“Integrated Growth Program”) wat ‘n stappie in die regte rigting is, maar die Kaap moet sy eie bio- sertifiseringsprogram instel, soos Spanje gedoen het. Die Kaap kan ‘n wêreldleier word op hierdie gebied.

Daar was die gewone rondspringery van wynmakers van een kelder na ‘n ander. Ja, binnekort sal daar seker ‘n tak van “Kelly Wine Boys” (werkverskaffingsburo) in Stellenbosch oopmaak! ‘n Onlangse, interessante geval was Ian Naude wat verskuif het van Linton Park Wines in Wellington na sy nuwe baas op Blaauwklippenweg: Christof Dornier. (Ja, hy is Duits “und sein Vatie” het die beroemde Dornier vliegtuig ontwerp). Daar is nog nie ‘n naam vir die nuwe wyn nie, maar jy kan seker ‘n paar sente daarop verwed dat die naam Dornier daarin sal voorkom.

Ek was veral laasjaar beïndruk met die wenner van die Nasionale Pinotage kompetisie en die Roberto Mondavi Trofee, naamlik Môreson Soleil du Matin. Hulle het die pad nog verder oopgeloop wat Jan Boland Coetzee, en veral mnr. Pinotage, Beyers Truter, gemaak het om ons eie Pinotage te veredel.(Dis nie meer heeltemal waar nie, want daar is al Pinotage aanplantings in Kalifornië en in All Black land.)

Vir vele jare nadat prof. Perold op Stellenbosch die druifras geskep het uit Pinot Noir (vir edelheid) en Cinsaut – destyds Hermitage genoem – was dit maar ook ‘n middelmatige wyn. Kenmerkend was sy aaklige naellakaromas. ‘n Britse wynjoernalis het destyds sagkens daarna verwys as “paint stripper”. Dit was eers nadat Beyers Truter dit in eikevate begin verouder het, die druiwe op die regte tydstip geoes het, en ordentlike keldertegnieke begin toepas het dat Pinotage begin het om mooi lyf te kry.

‘n Ander span wat flink vooruit geboer het, is die mense by First Harvest. Hulle bewys maar net weereens dat daar in wynmaak geen dot.com-kits-oplossings is nie; net harde werk, geloof en ‘n goeie ou Army slaapsak vir die aande wanneer die wynmaker langs sy gistings- kuipe moet slaap om te sorg dat die gistemperatuur nie handuit ruk nie. First Harvest het sommer met hulle eerste probeerslag al 4 goue medaljes by die Jongwynskou behaal en was die enigste om ‘n Veritas-goud te kry vir hulle Sauvignon Blanc.

Die grootste minpunt is seker weer die onbeheersde, stomme prysstygings. Ek onthou wat ons in 1995 vir goeie uitvoerwyn betaal het, ‘n fraksie van die pryse vandag. Ek laat my nie vertel dat lone en produksiekoste tot soveel as 200% gestyg het nie – en dan is daar van die slimjantjies wat sommer hulle pryse in Amerikaanse dollar of Duitse mark kwoteer.

Het die Kaapse wynmakers nog nie gehoor nie: die Mandela wittebroodsdae is lankal verby, niemand gee ons Kaaspe wyne meer enige politieke of emosionele voorkeur nie, en, glo my, die kompetisie uit Chile, en deesdae selfs Argentinië, raak al hoe strawwer. Kyk, ek gil al vir jare oor hoe goed ons Kaapse wyne is, maar ‘n mens moet ook realisties wees en jou produk in die regte prysklas plaas. Ek staan soms verwonderd as ek sien dat ‘n Kanonkop wyn byvoorbeeld geprys word op dieselfde vlak as een van die beste Bordeaux wyne. Europeërs is nie heeltemal onnosel nie. Ek is bevrees dat daar binne twee tot drie jaar ‘n wynoseaan van ongekende dieptes gaan ontstaan in die Boland en dat selfs die “SS Pinotage-Titanic” so diep gaan sink dat nie eers die piepstemmetjie van Celine Dion meer sal help nie (selfs nie ‘n gebrul van Amanda Strydom nie)!

‘n Mens hoop net dat met al die nuwe profesionalisme en fênsie wyngoeters soos Roto-tanks en tru-osmose dat ons nie ons uniekheid, ons Kaapsheid sal inboet vir die strewe na die universele wyn nie. Daar is alreeds te veel “flying winemakers”, soos die Aussie, Ben Radford, wat wyn maak vir Longridge, en wie weet waar nog. Ek wil nie meer wyn sien of proe wat orals dieselfde aromas en smake het nie, want die vliegende willewragtags maak hulle Boeing wyn op presies dieselfde wyse of dit nou in Australië, die Kaap of Chile is, elkeen is net ‘n klein Jacobs Creeks kloontjie.

Nee, gee my maar ‘n wyn wat in Bolands met my kan praat, wat kan vertel van die blou lug agter Slanghoek en die oggendmis by Grabouw, ‘n wyn wat sy warme dae en sy bitterste koue Cederberg aande nog onthou, en wat veral weet van waar hy kom.

Hoorsê-Stories uit die Waterleisloot
Derek Koch van Cape Classic Wines in België vertel wat gebeur in die Suid-Afrikaanse wynmark.

Huidige Mark vir Kaapse Vonkel (over gezet zijnde: MCC oftewel: Methode Cap Classique)

Volgens Jeff Grier van Villiera het ons vonkelwynmark dan tog nie so ‘n groot kater (of in Afrikaans: ‘n hangoortjie) oorgehou na die Millenium “non-event” nie. Tom Stephens, ‘n bekende Britse Champagne kenner dink dat daar tussen Reims, London en New York omtrent 40 miljoen bottels sjampanje ronddobber, onverkoop omdat die Franse die mark oorskat het. Die meeste Suid-Afrikaanse wynboere het alreeds vroeg in 1999 hulle vonkelwyn verkoop en die kapitale uitgawes op toerusting sal, op die langer termyn, net goed wees vir die vonkelwynmark. Daar is nou ‘n neiging om dit ook as ‘n “lifestyle” wyn, en nie net meer as ‘n fuifwyn te drink nie.

RABO bank se raad aan die wynboere

Volgens dr. A Heijbroek van die internasionale Rabobank is daar een ding duidelik verkeerd met die bemarking van Suid-Afrikaanse wyn: daar is te veel onduidelikheid op verskillende vlakke en daar moet eerder saam bemark word om Suid-Afrika as ‘n merk (“brand”) te verkoop.

Verdere interessante punte wat de goede heer uit Amsterdam aanhaal, is dat daar ‘n groeiende jonger mark is na wyn, maar dat hulle leiding en wynopvoeding nodig het; dalk is sy beste raad aan die boere dat hulle dinge meer moet bekyk vanuit die koper se oogpunt.

Die nuutste aanduidings is dat rooiwynverkope nog steeds besig is om witwyn verby te steek, maar dat sekere spesialis witwynlande, soos Nieu-Seeland, bewys dat as jy ‘n sterk konsep het, in hulle geval: sauvignon blanc, waarmee die mark jou kan identifiseer, witwyn nog sy man kan staan.

Suid-Afrika se troewe volgens hom is dan verder, en dit het ek nogal juis gevind, dat die Kaap ou-wêreldse tradisies gekombineer word met nuwe-wêreldse dinamika. Ook ons wyntoerisme en uiteraard die prys/kwaliteit van ons Kaapse wyne speel ‘n ernorme rol.

Pinotage in die Groot Appel

In die New York Times van 15 Mei 2001 word pinotage nogal mooi lof toegeswaai, (soort van, in ag genome dat die joernalis ene Asimov is!) en word dit vergelyk met goeie Boujolais, en selfs beskryf as: “… easy-going pleasure… among the best red value values out there”.

‘n Mens wonder van watter SciFi-planeet meneer Asimov kom, want die pinotage waarna hierdie Virgilius verwys, kos maar net R300 per bottel!

Ek gaan elke aflewering afsluit met ‘n kort opsomming van een van ons tipiese Kaapse druifsoorte. En wat is meer gepas as afskieter dan ons “eie” Pinotage?

Pinotage

Wat is hierdie druifsoort?

Hierdie “eie” (alhoewel hy nou ook in Nieu-Seeland, Zimbabwe, Kalifornië, Brits-Kolombië, Brasilië en Australië aangeplant word) druifsoort is die gevolg van ‘n geniale kruising gemaak deur prof. Perold van die Universiteit van Stellenbosch in 1925, tussen die edele druif van Boergondië: pinot noir (klassiek, kompleks en aromaties) en die goed-produserende karperd uit die suide van Frankryk: cinsault. Sy bedoeling was om die edelheid van die pinot noir te kombineer met die bekende produksie-vermoë van die cinsault (wat destyds by ons in die Kaap “hermitage” genoem was: dus die -tage gedeelte van die naam).

Maar die eerste oeste was nie belowend nie, met die gevolg dat hy nie veel aangeplant is nie totdat ‘n pinotage in 1961 die eerste prys op die jaarlikse Jongwynskou gewen het (wie van ons ou toppies sal ooit daardie vroeë Lanzerac Pinotages vergeet!). Natuurlik plant almal wat roer toe verwoed pinotage aan met die verwagte oorproduksie en swak, onsorgvuldig voorbereide wyne tot gevolg. So is pinotage destyds oninspirerend gemaak, ‘n wyn wat veral na naellak (die asetoon aromas daarin) en bitterheid gesmaak het sodat daar vele onvleiende beskrywings soos “rusty nails” en dies meer die lig gesien het, veral by Britse wynjoernaliste. Die wyn is toe maar in grootmaat en as versnitwyn gebruik en selfs (groot skande!) as distillaat vir brandewyn verkoop. Aanplantings het dramaties geval tot 2% van aangeplante wingerde in 1993. Tans is die aanplantings omtrent 5%.

Gelukkig het ‘n ander wynkompetisie weer pinotage se bas gered – hierdie keer die International Wine and Spirit Competition wat in 1991 vir Beyers Truter van Kanonkop as die “Winemaker of the Year” bekroon het – die eerste keer dat so ‘n eer ‘n Suid-Afrikaanse wynmaker te beurt geval het. Met hierdie internasionale blootstelling het al wat leef en beef toe weer begin pinotage aanplant.

Maar die keer is dit ordentlik gedoen en houtveroudering is toegepas, met ander woorde die wyn is met respek behandel. En daar was genoeg slimjan wynkundiges uit Elsenburg om te besef dat as die wyn nie teen sulke lae temperature (soos vroeër) gevinifieer word nie, die naellakgeure nie ‘n probleem kon word nie. ‘n Pinotage Producer’s Association sowel as ‘n Pinotage Klub is gestig en elke jaar word die prestigieuse Pinotage Top 10 kompetisie gehou.

Wat sit daarin?

Wat moet ons soek in die wyn? Op die oog is hy gewoonlik donker rooi met baie pers, veral as hy nog jonk is. As jy hom ruik, kan jy van die volgende waarneem: tutti frutti-geure, baie vrugte, aarbeie selfs wilde piesang of speserye. In die mond soek ons volmondige, rype smake, met vanieljesmake (as hy Amerikaanse eikehoutvate gesien het). Gewoonlik is daar ‘n hoë alkoholinhoud en as jy die naellak ruik of proe is dit sekerlik pinotage! Dus, soek vir ‘n persagtige kleur, tutti frutti-aromas en ‘n stewige, volronde, vrugtige sagtheid. Of jy vind iets helemaal anders, so is meneer pinotage nou eenmaal!

Lang Pad na Pinotage
Min dinge is so eg Suid-Afrikaans as Pinotage. Sonskyn, braaivleis en Chevrolet is ook te vinde in Australië of aan die Weskus van Amerika, maar Pinotage, ongeag waar jy hom raakloop, ongeag wie die druif aanplant, en ongeag wie die wyn maak, se karakter bly Suid-Afrikaans.

Pinotage vind sy ontstaan in 1925 by die Universiteit van Stellenbosch, waar professor A.I. Peroldt die nuwe druif skep deur Pinot Noir en Cinsaut variëteite te kruis. Cinsaut was op daardie stadium in Suid-Afrika bekend as Hermitage, en van daar is die nuwe druifsoort [Pino][tage] gedoop. Dit was egter eers in 1961 dat die naam Pinotage sy debuut op ‘n wynetiket gemaak het, dié van die 1959 Lanzerac Pinotage.

Die Pinot Noir druif is die basis vir die hoogs gesogte Boergondiese wyne, terwyl Cinsaut ‘n onpretensieuse rooi druif is wat in heel gemiddelde wyne in die suide van Frankryk gebruik word. Dit is ‘n kuns om Pinot Noir suksesvol te kweek, waar Cinsaut weer aan die ander kant ‘n sterk plant is wat goed weerstand bied teen ‘n verskeidenheid wingerdsiektes. Prof Peroldt se hoop was om die beste eienskappe van beide druiwe in een plant te kombineer, met die klassieke smaak van Pinot Noir uit ‘n druif wat sterk en betroubaar groei.

Die aanvanklike resultate was nie juis bemoedigend nie, en die nuwe variëteit was al amper vergete toe ‘n Pinotage in 1961 die Groot Kampioenskap van die Kaapse Jongwyn Skou wen. Die gevolg was ‘n skielike belangstelling in die druif (wat maklik was om met hoë suikervlakke te kweek) en uiteindelike oorproduksie. Na sy kortstondige glorie was Pinotage skielik bekend as goedkoop kanwyn. Die wyn was beskryf as bitter, met ‘n smaak van naellak en geroeste spykers, en was duidelik nie gereed vir die tafel nie.

Tog het ‘n paar wynmakers aangehou eksperimenteer met Pinotage, in besonder by Kanonkop en Simonsig. Die resultate was bemoedigend, en het bewys dat Pinotage ‘n behoorlike wyn kan produseer, maar teen die begin van die jare negentig was die grootste deel van die oes bestem om as brandewyn gedistilleer te word. En toe skryf Kanonkop se Beyers Truter in 1991 sy Pinotages in vir die Internasionale Wyn en Spiritualieë Kompetisie, en verower hy die titel van Wynmaker van die Jaar. As eerste Suid-Afrikaner wat hierdie hoogs gesogte posisie behaal het, was dit nie net ‘n oorwinning vir die wynmaker en sy kelder nie, maar ook vir Pinotage.

Skielik het Pinotage die aandag van die internasionale mark gekry, en die hernieude vraag sou teen 1995 die prys van Pinotage druiwe opstoot tot R3 000 per ton. Suid-Afrikaanse wynmakers kon die druif weer ernstig opneem en het begin belê in Franse eikevaatjies. By ‘n wynproe van Kanonkop Pinotages het James Suckling, redakteur van “American Spectator”, verbaas uitgeroep: “Wat op aarde gaan hier aan? Dit is uitstekend… uitstekend! Waarom het julle die druif vermoor?”

Grondige navorsing het intussen bewys dat die oorspronklike bitter smaak van Pinotage te wyte was aan fermentering teen ‘n té lae temperatuur. Meer konstante kwaliteit en die nuwe markte wat na die einde van apartheid ontstaan het, het daarvoor gesorg dat ‘n nuwe wêreld vir die eg Suid-Afrikaanse Pinotage wyne kon oopgaan. Tans word ongeveer 5% van alle Suid-Afrikaanse wingerde aan Pinotage bestee.

Vandag word Pinotage gebruik om wyne van verskillende style te maak; vanaf jong, vrugtige wyne in die styl van ‘n Beaujolais, tot dieprooi wyne in die styl van Cotes du Rhone en Zinfandel. Daar is selfs ‘n methode champenoise Pinotage vonkelwyn wat deur Villa Noortheim in Nieu-Seeland geproduseer word.

‘n Goeie Pinotage sal ‘n diep, vrugtige smaak hê, met soms die geure van piesang en bessies te bespeur, met ‘n satynagtige tekstuur. Hou egter in gedagte dat dit ‘n relatief nuwe variëteit is, en dat dit elke landgoed vrystaan om sy eie interpretasie aan sy Pinotage te gee.

Alhoewel Pinotage eg Suid-Afrikaans is, is dit lank nie meer eksklusief aan Suid-Afrika nie. Pinotage wingerde word ook gevind in Zimbabwe, Kalifornië (Sutter Ridge en Phoenix), Kanada (Lake Breeze Vineyards), Brasilië en Nieu-Seeland (waar die druif se dikker skil ideaal aard in die vogtige toestande). Brasilië se Marcus James Pinotage 1997 het selfs by die La Mujer Elige 2000 in Argentinië ‘n silwer medalje gewen.

Oor die bestek van die afgelope tien jaar het die nederige Pinotage sy pad teruggeveg tot ‘n onbetwyfelbare eerbaarheid, met ‘n swaar verdiende posisie van trots onder die Nuwe Wêreld wyne.

Een Aand in Antwerpen
Dis ‘n koue herfsaand in Antwerpen, na ‘n harde dag tussen boekstalletjies by die Vlaamse Boekebeurs. Nog één punt op die agenda: aandete by Marc Vogels se Antwerps Kaaps Degustatiehuis in Breidelstraat naby die Sentraalstasie. Hier by Marc en Lutje tussen die volstruiseierdop-kershouers en eklektiese versameling Antwerpse seevaartmemorablia lééf die Suid-Afrika waarvan meeste van ons net in storieboeke lees, van die gul ontvangs tot ‘n afskeid wat jou amper skuldig laat voel jy loop.

Die musiek is Afrika en Afrikaans, en Ladysmith Black Mambazo en Leon Schuster vul mekaar onbeskaamd aan. Die spyskaart is gevarieerd soos die dekor, verdeel tussen Kaapse en Antwerpse spesialiteite. Belangrikste is natuurlik die Suid-Afrikaanse gunstelinge “van die huis af”: bobotie, springbok, koedoe, sebra en blesbok. Marc voer sy vars produkte self in, en sommer met die intrapslag staan ‘n paar skyfies bees- en koedoebiltong reg om sy honger gaste in toom te hou. Marc het ook ‘n Suid-Afrikaanse resepteboek aanmekaargesit, vol kwinkslae en tradisionele resepte, met verduidelikings vir die Vlaamse en Nederlandse markte van wat die verskillende kruie en bestanddele se Europese ekwivalente is.

‘n Uitgebreide Suid-Afrikaanse wynlys maak ‘n wynkeuse besonder moeilik in die Degustatiehuis, maar na heelwat wik en weeg besluit ons op die Suid-Afrikaanse 1998 Niel Joubert Pinotage/Cinsaut versnit. Ons begin met iets warm, ek kies hoenderlewertjies, sy ‘n Kaapse vissop. Die hoenderlewertjies is met ‘n gul skep borrie berei, en word voorgesit met gekarameliseerde uie en die alomteenwoordige Vlaamse witloof (sigorei). Die vissop is ‘n kerrie boeljon met Zeeuwse mossels.

Tussen kuiertjies met die sjef deur besluit ons op hoofgeregte waaroor Suid-Afrikaners in Europa gereeld fantaseer. Sy kies lamsrib, ek springbokfilet. Die lam is ontbeen en heerlik geknoffel, en die springbok in sy rooiwynsous is mals en sag. ‘n Springbok só sag het sekerlik nog nooit rugby gespeel nie! Die hoofgereg word vergesel met ‘n reuse bak begrafnisrys met rosyne, dus is daar geen rede om honger uit te stap nie.

Natuurlik is daar nog geen sprake van uitstap voor die nageregte beproef is nie. Die suurlemoentert (‘n eerste keuse) was op, maar die roomys met Van der Hum was ‘n reuse versoeking. Tog wen die melktert uiteindelik (en is melktert nie altyd ‘n wenner nie?), eg Afrikaans gemaak, met sterk koffie en ‘n komplimentêre glasie Amarula elk.

Die Antwerps Kaaps Degustatiehuis sal waarskynlik nooit ‘n ernstige mededinger word van top Belgiese restaurante soos Comme Chez Soi en De Karmeliet nie, maar vir soveel atmosfeer en gasvryheid gee Michelin nie sterre nie.

0932 – Tipies? Ja en nee…
Dit was ‘n koue, reënerige Saterdagaand toe die Gavera-susters en hul gades besluit het om sonder bespreking in te val by die nuwe Belgiese restaurant, 0932, in Groenpunt. Riskant ja, want verskeie eetplekke was reeds vol – so hoekom sal 0932 anders wees? Die honger het seker vlak gelê, want ‘n tafel het ons gekry.

Vir dié wat wonder oor die naam: dis die eerste 4 syfers as jy van Suid-Afrika na België toe skakel. Met die eerste oogopslag is die interieur nie tipies Belgies nie – eerder Bauhaus en ietwat minimalisties. Die staanverwarmers en die kaggel op die boonste verdieping (waar die kroeg en rookgedeelte is) sorg toe vir ‘n verrassend warm en gemoedelike ambiance. Ook die kelners is nie van Belgiese afkoms nie – eerder Indies (‘n weerspieëling van die nuwe Suid-Afrikaanse werkerskorps).

Die spyskaart wemel van tradisionele gunstelinge soos mosselpot, waterzooi, friet met mayonnaise en natuurlik ‘n verstommende verskeidenheid Belgiese biere. En dis ook by die bier waar jy jou hand diep in die sak moet steek – R29 vir Verboden Vrucht, R16 vir Hoegaarden en die vrugtebiere so tussen R17 en R25.

Maar ons was daar vir die soete herinneringe aan België en het dus nie op ons laat wag nie. Ons tafel was gou-gou gedek met waterzooi, rissierisotto, ‘n halwe kip met appelsous en tamatiesop met frikkadelle. Die porsies is groot, keurig voorberei en opgedien en heerlik smaaklik. Vir nagereg het ons twee lekkernye tussen ons vier verdeel – pannekoekies gevul met Kirsch-kersies en Belgiese sjokolademousse… onvergeetlik, onverbeterlik.

Dis ‘n restaurant vir die trendy Kapenaars geoordeel aan ons medegaste, maar beslis die moeite werd vir enige smulpaap. Maak jou reg vir ‘n smaakervaring so uit die hart van België…

Kos: 8/10

Diens: 8/10

Prysklas: R80-R110 per persoon