Bloeiende Boksburg

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis, Humor, Kultuur | Donderdag 13 Augustus 2009 1:56 pm

Wie sou dit kon dink, Boksburg as internasionale vakansiebestemming! Uit die Boston Openbare Biblioteek se versameling van plakkate wat eksotiese vakansies adverteer kom hierdie juweel, uitgereik deur die Boksburg Munisipaliteit en die SAS&H.

Bloeiende Boksburg

Een ding is seker: as jy nie hou van bloed nie, is Boksburg die verkeerde plek vir ‘n vakansie.

Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel in Nederland

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur, Lage Lande, Literatuur, Musiek, Poësie | Dinsdag 2 Junie 2009 12:12 pm

Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel sal op 17 Junie 2009 optree by Raakruimtes in Hengelo, Nederland. Meer inligting hieroor is onder “Programma” op die Raakruimtes website.

Mike Schutte, Einde van ‘n Legende

Geskryf deur Anton Raath | Humor, Kultuur | Dinsdag 15 Julie 2008 10:07 am

Mike Schutte, bokser, filmster en hoofkarakter van ‘n duisend Afrikaanse grappe, is dood. Wie kan ooit die klassieke Terence Hill/Bud Spencer film Io sto con gli ippopotami (I’m for the Hippopotamus) vergeet? Wel, die meeste mense, natuurlik, dit was ‘n verstommend vergeetbare film, maar ek onthou wel die koue skoolsaal waar ons in die 70s op die grond gesit het om die film te kyk, en daar was ons eie Mike in ‘n internasionale film as een van die bad guys. Dankie vir die grappe, Mike.

Mike Schutte

Henry Cele

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Maandag 5 November 2007 2:33 pm

Hartseer nuus uit Suid-Afrika: die briljante akteur Henry Cele is op 2 November oorlede. Dis jammer dat hy nooit die regte internasionale deurbraak gehad het wat hy verdien het nie.

Moedertale en Vreemde Tale

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Donderdag 23 Augustus 2007 12:29 pm

Mens sou dink dis vanselfsprekend dat mense in ‘n multikulturele land soos Suid-Afrika meertalig moet wees, maar soms klink dit of so ‘n gedagte ‘n reuse deurbraak is:

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) se taaltransformasieplan wat ses jaar van moedertaalgebaseerde, tweetalige onderrig aanmoedig, is gister deur kenners geprys. Dié plan stel voor dat die moedertaal vir die eerste ses jaar as onderrigmedium gebruik word en ’n tweede taal geleidelik bygevoeg word tot op die punt waar dit ná die ses jaar as onderrigmedium gebruik kan word.

Ook die waarde van moedertaalonderwys word herontdek:

Mnr. Theuns Horne, ‘n onafhanklike geletterdheidskenner, het ook die plan verwelkom en gesê dit is belangrik dat ouers opgevoed word oor die waarde van moedertaalonderrig. “Daar is soveel kinders wat gr.?1 instap en dan in Engels onderrig word. Ek is nie daarteen dat ‘n kind ‘n wêreldtaal ook moet aanleer nie, maar ouers weet nie altyd dat hulle die kinders ‘n onreg aandoen deur hulle nie in hul moedertaal te laat onderrig nie.” Hy het gesê die hoë uitsaksyfer kan deels daaraan toegeskryf word dat leerders nie in hul moedertaal onderrig word nie.

Het ons nie ‘n eeu gelede ook deur hierdie selfde proses gegaan nie? Moedertaalonderwys is nodig vir die individu, en meertaligheid is nodig vir die gemeenskap.

Jan Ernst Abraham Volschenk

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Sondag 4 Februarie 2007 6:21 pm

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Jan Volschenk (1853 – 1936) is ‘n vreemde geval, soms geëer as een van die land se grootste skilders, soms afgeskryf as ‘n amateur met beperkte talent. In 1903 skryf die Cape Argus:

J.E.A. Volschenk’s pictures have attracted considerable attention and they certainly reveal remarkable ability, but there is a certain want of atmosphere and of sympathetic treatment; the tones do not strike one as true absolutely, though relatively they appear to be so; they give the effect of being looked at through dull-tinged glass. The effect of the evening light in one of them is wonderfully well rendered. Whatever adverse criticism may be offered, there is no gainsaying the fact that, as already said, remarkable talent is exhibited, while those who know the part of the country from which the scenes are chosen, are unanimous as to the reality of the depiction.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het in 1978 op die 125ste herdenking van Volschenk se geboorte ‘n reeks posseëls uitgereik met vier van sy werke (klik om die volle beelde te sien):

Jan Ernst Abraham Volschenk

Jan Ernst Abraham Volschenk

 

Vir meer inligting oor Afrikaanse kunstenaars, sien ook J.H. Pierneef: His life and his work.

A Decade of Democracy: South African Art, 1994-2004: From the Permanent Collection of Iziko: South African National Gallery Ten Years, 100 Artists: Art In A Democratic South Africa The Power of Form: African Art From the Horstmann Collection

Poskaarte

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Vrydag 22 Desember 2006 3:12 pm

Brandt Botes is ‘n naam wat ek so elke nou en dan in Google intik, net omdat ek weet dat ek elke keer iets interessant of inspirerend gaan sien. Met sy versameling foto’s op Flickr kan ek Google nou heeltemal uit die formule sny, en die inspirasie eenvoudig via RSS insuig.

Poskaarte

Mmm… Voortrekkerlekker…

 

Twentieth-Century South Africa (OPUS)

Annette van der Spuy

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Sondag 9 April 2006 11:07 am

Annette van der Spuy is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar van Onrust met ‘n uitstekende versameling werke in haar online gallery.

Annette van der Spuy - Proud Gardener.jpg

Casper de Vries

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Saterdag 20 Augustus 2005 10:54 am

Casper de Vries bring op 27 Augustus sy vertoning My wêreld na Theater aan de Parade in ’s-Hertogenbosch in Nederland. Meer inligting is ook beskikbaar op www.casperdevries.nl.

Paljas

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur | Vrydag 25 Januarie 2002 1:58 pm

Na aanleiding van die film Paljas, het Godelieve van Geertruyen, hierdie nabetragting van die karakter, Willem (die seuntjie wat nie wou praat nie) geskryf.
(meer…)

Volgende Bladsy »