Afrikaans.be » Musiek

Festival voor het Afrikaans in Amsterdam, Nederland
Drie dae lank staan Afrikaanse musiek, toneel, literatuur en poësie in die kollig by die Festival voor het Afrikaans in Amsterdam, Nederland. Hoogtepunte sluit in optredes van Breyten Breytenbach, Gert Vlok Nel, Chris Chameleon, Amanda Strydom en David Kramer. Die Festival voor het Afrikaans vind plaas in die Tropentheater, van 17 tot 19 Junie 2011. Meer inligting op http://www.tropentheater.nl/festivalvoorhetafrikaans.

Gert Vlok Nel: Waarom ek roep na jou vanaand
Gert Vlok Nel se uitstekende Waarom ek roep na jou vanaand is op YouTube te vind. Die liedjie gaan oor Koos du Plessis, en die aand wat Du Plessis dood is.

httpvh://www.youtube.com/watch?v=wGTH7H6rUiQ

Gevind danksy Kameraad Mhambi.

Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel in Nederland
Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel sal op 17 Junie 2009 optree by Raakruimtes in Hengelo, Nederland. Meer inligting hieroor is onder “Programma” op die Raakruimtes website.

Koos Kombuis in Lommel, België
Vir dié wat naby genoeg bly, Koos Kombuis tree op Vrydag 23 Mei 2008 om 20:00 in die Zuidpool Kaffee in Lommel, België op (halfpad tussen Antwerpen en Eindhoven, naby die Nederlandse grens). Om seker te wees van plek, kontak die vriendelike mense van die Zuidpool by dezuidpool@hotmail.com of (+32) 0477/765477. Kaartjies kos €8.00.

Chris & Ingrid op ‘n Europese voetpad…
Werner Coombe gesels met Chris Chameleon oor sy eerste solo album, Ek herhaal jou, ‘n toonsetting van die gedigte van Ingrid Jonker.

Chris Chameleon tree op Sondag 6 Augustus 2006 op by Folk Dranouter in België.

Werner Coombe gesels met Chris Chameleon oor sy eerste solo album, Ek herhaal jou, ‘n toonsetting van die gedigte van Ingrid Jonker.

Ek dink daar is drie eienskappe wat Chris Chameleon werklik uitsonderlik maak:  eerstens sy ongelooflike range – sekerlik een van Suid Afrika se sangers wat die mees oortuigend ‘n lae basnoot kan afwissel met falsetto.  Tweedens is dit sy toewyding en harde werk.  En laastens is dit sy vermoë om die siel van ‘n lied te ontmoet.  Die bekende sangeres Tori Amos verwys na die konsep as vorm-verandering (shape-shifting)- waar sekere mense die voorreg het om die universele kreatiewe vors te ontmoet, en dit dan van vorm te laat verander deur jou spesifieke talent.  Vir Chris se eerste solo album, Ek herhaal jou, was die uitdaging egter uniek.  Die lirieke en siel van die liedjies was reeds geskep en lewend gemaak deur Ingrid Jonker.  Chris moes hulle gaan ontmoet, en ‘n uiteindelike ontmoeting met Ingrid se hart self, was onafwendbaar.

‘n Vraag wat ek al lank mee worstel is waarom sekere kunstenaars die vermoë het om diep binne my hart en siel te klim, en ander my totaal onaangeraak laat.  En miskien lê die antwoord in die vermoë van die kunstenaar om oortuigend oor te kom – om na die werk te luister en die emosie te voel en te beleef, in dieselfde rouheid en eerlikheid as die kunstenaar self.  Min mense besef hoeveel ure iemand soos Laurika Rauch alleen in ‘n kamer sit voor sy die verhoog opstap.  Hoe belangrik dit is om die diepste deel van jou wese te gaan soek en elke liedjie te gaan ontmoet, omhels en een te word met hulle geluk, seer en verwerping.

En dit is dan in Amsterdam, Nederland, wat ek die voorreg het om vir die eerste keer Chris Chameleon op die verhoog te sien en te beleef.  Dit is die laaste vertoning van sy Europese toer – en die rokerige saal is gepak met ‘n grotendeels Nederlandse gehoor.  Sy 70′s bankrower snor, nou hemp en nonchalante houding gee weer dat hyself maar ‘n bysaak is – en in daardie tyd word net een ding na waarde geag:  die musiek.  ‘n Reis begin met ‘n stereo-agtige gebrom deur die mikrofoon – gevolg deur ‘n Freddy Mercury falsetto – en as Chris sy oë sluit verlaat hy die verhoog en neem hy die meeste mee om hulle te gaan ontmoet –  Die onverkrygbare, Bitterbessie dagbreek, Ontvlugting…

Ek ontmoet Chris aan die einde van die vertoning – en miskien is dit te verwagte dat hy beide diep in ons gesprek betrokke kan raak – en tog met nederigheid en ‘n byna terloopsheid kan verwys na die “werk” en die komplimente van die gehoor kan omhels.

Vele mense het al probeer om Ingrid Jonker se gedigte te toonset – met gemengde sukses.  Wat dink jy is die resep vir jou oorweldigende sukses met veertien van haar gedigte?

Wel, dis eintlik16 gedigte in 14 liede.  Ek dink die geheim was eerlikheid teenoor myself en getrouheid aan Ingrid se teks. By die toonsetting van gedigte moet die komponis sy eie ego opsyskuif en nie homself nie, maar die digter, dien. En dan is daar seker maar die geluk-faktor. Byna elke uitvoerende kunstenaar se ambisie is om iets te maak wat die publiek meesleur en betower, wat hulle hul laat vergryp aan sy werk. Dis tog hoekom ons dit uitvoer en nie in die binnekamer hou nie. Ek het dit reggekry, en ja, ek weet nie regtig hoe nie…

In die CD skryf jy ‘n nota aan Ingrid – wat is die belangrikste eienskap wat jy van haar geleer het tydens die toonsetting en belewing van haar gedigte?

Ek het van haar geleer dat n mens nie doekies moet omdraai nie. Dat jy niemand (nie eens jouself) moet ontsien om jou hart te verwoord nie. Anders sal dit geveinsd voorkom.

Is daar een van die gedigte wat jou meer besonders geraak het?

Die liedjies word soos kinders vir jou as jy hul eens geskape het, en soos enige goeie ouer kan ek nie n enkele kind uitsonder nie.  Maar ek word om een of ander rede nooit so kwaad vir “op die voetpad”  as sy verbrou nie…

Wat was die reaksie van die Europese gehore tydens jou vertonings en was dit vreemd om dan meestal in Afrikaans te sing?

Ek het doelbewus nie die lande soos Duitsland, Italië, Kroatië en ‘n paar ander wat gereeld deur Boo! bedien is, gespeel nie, omdat ek besef het die taaluitdaging sal kan ontaard in so ‘n mate dat dit die aandag van die musiek sou kon aflei. Daarom het ek op Nederland en België gefokus.  Die reaksie was n plesier om waar te neem: ‘n mengsel van fassinasie, genot en belangstelling.

Ek weet dat jy die album wil vertaal – is dit moontlik om Ingrid Jonker in enige ander taal reg te laat geskiet?

Gerrit Komrij het voortreflike vertalings van haar werk gedoen en ek het hulle intussen reeds in Nederlands vertaal. Sy vertalings is besonder musikaal en ritmies getrou.

Selfs as jong akteur in Sonkring was dit duidelik dat jy as kunstenaar hard werk en alles gee – is dit ‘n eienskap van jou persoonlik ook?

Dankie!  Ek gee makliker alles aan my kuns as op ‘n persoonlike vlak.  Kuns verloën my nooit nie.

Wat is die volgende uitdaging?

Ek toonset tans nog ‘n Afrikaanse plaat wat ek in Mei sal opneem, en dan wil ek dit tegelykertyd vrystel met die Engelse plaat wat ek sopas voltooi het.  Dis ‘n vreemde skuif, twee plate in verskillende tale terselfdertyd uitgee, maar ek hou van die unieke uitdaging wat dit bied.

Dit lyk asof jy ‘n maklike en gemaklike aanslag op die lewe het – sal jy jouself as werklik so rustig bestempel?

Nee – ek wroeg nogals baie, “betob” dinge.  Ek verkies swaar geselskap bo ‘n ligsinnige gebabbel. Dit maak my sosiaal ‘n bietjie wanaangepas, maar in my werk ontmoet ek genoeg mense dat dit my nie tot eensaamheid dwing nie.  Ek dink ek verstaan die kuns om in die regte sfeer op ‘n sekere gemaklike wyse oor te kom, dis deel van my werk, maar vrye tyd is ‘n ander saak.

Vind jy dit vreemd dat jou beeld oornag van “weird” rocker na gunsteling Afrikaanse seun verander het – alhoewel wat jy doen nie substansieel anders is nie?

Nee – ek waardeer dit. Op die lange duur sal dit hopelik bydra tot die ontwikkeling van ‘n bietjie meer begrip onder my eie mense – dat alles nie is wat dit skyn te wees nie en dat ‘n mens nie ‘n man op sy baadjie (en veral nie op sy rokkie!) moet takseer nie.

Ek stap die saal uit – diep geraak deur die vrou wat hierdie wesens kon skep – en die man wat hulle musikaal lewend kon maak.

Ingrid Jonker – Versamelde Werke, by Amazon.com

Engelsman Torr in Afrikaans
Laurika Rauch se nuwe album, My ou tante Koba, is opgedra aan haar man en liedjieskrywer, Christopher Torr. Hy is ook by die pasafgelope UKkasie-fees in Londen bekroon vir sy bydrae tot Afrikaans. Werner Coombe het saam met Christopher gekuier.

“Stille waters is die respek wat ‘n mens moet toon as dinge skeef loop. Die vriendelike glimlag as jou hart huil en die sagte omdraai as jy eintlik wil veg.”

“‘n Mooi ou liedjie word ‘n front (die stille waters) vir die hartseer, woede en gebrokenheid van die verteller.”

Christopher hou nie van die kollig nie. Hy antwoord die vrae oor homself vinnig en beskeie. Hy kom van die Karoo, was tot onlangs professor in ekonomie by Unisa en het slegs deeltyds liedjies geskryf. Hoewel hy in Graaff-Reinette gebore is en die seun van ‘n Karooboer, is sy eerste taal Engels en sy Afrikaans is beperk. Boonop is sy musiekagtergrond beperk tot klavierlesse op skool en spandeer hy ure agter die sleutelbord en kitaar.

Logies wonder ‘n mens dan hoe skryf jy van die grootste Afrikaanse treffers in ons geskiedenis? Hy lag en sê dat eenvoud en ‘n gebrek aan hoë woorde en spoggerige note dalk juis die sukses is. Sy liedjies praat met mense in gewone taal, en emosie wat eg en rou beskryf word, is tog altyd meer treffend as dié wat verberg is agter mooi versierings.

Maar in emosies wil Christopher nie delf nie. Hy raak opgewonde as hy oor sy musiek kan praat en sy oë vertel van ware passie. Hy vertel van sy eerste liedjie, wat hy sy chocolate box song noem. (Die rede hiervoor is die eenvoudige dimensie van die liedjie – “what you see is what you get”.) Dit was die skryf van Afrikaanse lirieke vir ‘n Udö Jurgens-treffer. Christopher het die ritme van die liedjie uitgeskryf en die ritme het presies gepas met die woorde Op/blou/berg/se/strand. Hy het begin om mense rondom hom te vra waaraan hulle dink as hulle die woorde “op blouberg se strand” hoor en al die gapings ingevul met hulle antwoorde. Die resultaat was oorweldigend en die skryf-gogga het gebyt. Christopher het ook die lirieke van “Kyk hoe glinster die maan” op ‘n bestaande wysie geskryf, maar het besluit dat die uitdaging daarin lê om ‘n hele nuwe liedjie te skep.

Teen die agtergrond van die seeramp in Zeebrugge in België skryf Christopher sy eerste volwaardige liedjie. Die veerboot, Herald of Free Enterprise, het op 6 Maart 1987 slegs ‘n paar meter van die kus af gesink nadat die personeel vergeet het om die boegdeure van die veerboot te sluit. Die boot het skaars 100 meter van die hawe af gesink en die lewens van 193 mense geëis. Die resultaat was “Miekie” wat hy in 1988 voltooi het. “Miekie, more reis ek oor die see… die veerboot vaar so kwart voor twee”. Dié liedjie is ‘n gesprek tussen ‘n man en sy geliefde, Miekie van die Kaap. Hy vertel haar van sy voornemende reis, maar die dramatiese effek van ‘n voorbode word gelaat met die woorde: En ek het gedroom van’n lee kajuit…

In dié tyd skryf hy ook sy grootste treffer “Stuur groete aan Mannetjies Roux”. Dit kan beskou word as ‘n metafoor vir die politieke situasie waarin die Afrikaner homself op daardie stadium bevind het. Die verhaal van die meisie wat bid vir reën en haar oom se uiteindelike dood (sommige interpretreer dit as selfmoord) ná die droogte, ruk die Afrikaners se harte. Die simbool van Afrikanerskap word amper ironies genoem as sy laaste brief net een wens het: Stuur groete aan Mannetjies Roux… Hoewel die aanvanklike reaksie uiteenlopend en onseker was, groei die liedjie op die publiek en neem die verkope skerp toe oor die volgende aantal jare. Dit het vir Christopher ‘n sterk platform gegee om ‘n opvolg hierop te skryf.

Christopher begin in 1991 werk aan “Die gang” – ‘n jaar nadat Nelson Mandela vrygelaat word. In dié tyd tussen Februarie 1990 en die eerste vrye verkiesing in April 1994 word Suid- Afrika gekenmerk deur vrees en onsekerheid. Teen hierdie agtergrond skryf Christopher die opvolg vir Mannetjies Roux. Hy gebruik ‘n persoonlike vrees vir elektrisiteit as simbool van die vrees wat Suid Afrikaners op daardie stadium vir verandering gehad het. “Die gang” vertel die verhaal van ‘n middeljarige vrou wat pas geskei is. Sy gaan kuier by haar oom en tannie op die plaas om weg te breek van die seer en onsekerheid. Die elektrisiteit wat die plaas nie het nie, die elektrisiteit tussen geliefdes wat kan verdwyn, die politieke elektrisiteit in oorloë en ook uiteindelik die wrywing tussen mens en God word aangeraak.

Deur subtiele verwysings word dit duidelik dat die vrou in “Die gang” ‘n ouer en meer gebroke weergawe is van die dogtertjie in Mannetjies Roux. Uiteindelik gaan dit dan oor menslike wantroue en politieke verraad – “soos die aarde draai sal ‘n haan weer kraai…” As basis-emosie gebruik Christopher die onsekerheid en die kwesbaarheid van die mens en spesifiek Suid-Afrika op daardie oomblik – “…maar die vlam is delikaat en fyn, en dit kan soos ‘n dief in die donker nag verdwyn”. Uiteindelik seëvier hoop, want verandering, hoe traumaties ook al, is noodsaaklik vir groei en vooruitgang.

“Die gang” het bykans onmiddellik ‘n treffer geword, en Laurika Rauch gevestig as die gewildste Afrikaanse sangeres.

Christopher skryf ook “Stille waters” vir die album Die gang. Eenvoud en tydloosheid is miskien die beste opsomming van “Stille waters”.

“Toe ek die lied skryf, het ek die beeld van ‘n rustige oseaan gesien met die maanlig wat daarop reflekteer. Op die oppervlak is alles kalm en vreedsaam, maar onder die oppervlak is daar strome wat deur haat en hartseer geskep is, maar sy moet kalm en vriendelik bly. Stille waters is die respek wat ‘n mens moet toon as dinge skeef loop. Die vriendelike glimlag as jou hart huil en die sagte omdraai as jy eintlik wil veg.”

Christopher het met opset elke cliché van die liefde gekies en die liedjie so eenvoudig as moontlik gehou “Jy’t gesê ons liefde sal bly staan, al tuimel al die berge in die oseaan, doen vir my ‘n gunsie voor jy gaan, gooi vir my ‘n klippie in die oseaan…”. Die eenvoudige rympatroon beklemtoon die boodskap. ‘n Mooi ou liedjie word ‘n front (die stille waters) vir die hartseer, woede en gebrokenheid van die verteller. Die tegniek werk en Christopher wen die respek van die Afrikaanse musiekwêreld. Dit is reeds duidelik dat sy eerste treffers nie bloot ‘n gelukskoot was nie.

Christopher gaan van krag tot krag en in 1995 verskyn vier uitmuntende Engelse liedjies: “The flying Dutchman”, “1963″, “The falcon” en die gewilde “Hot gates”. “Hot gates” het byna onmiddellik ‘n treffer geword, en verskeie kenners beskou dié lied as Christopher se grootste werk tot vandag toe.

Christopher het meer as ‘n jaar lank aan “Hot gates” gewerk. En dit is eers wanneer jy begin delf in die haarfyn beplanning wat agter die lirieke skuil, dat jy besef waarom die lied so meesterstuk is. In 1995 publiseer prof. Bertie (SJ) Neethling van die Universiteit van die Wes- Kaap ‘n artikel in die tydskrif Nomina Africana. Daarin verwys hy na die verband tussen die plekname in “Hot gates” en ontleed die konnotasie daarvan.

“Hot gates” bestaan feitlik uitsluitlik uit plekname – 58 in totaal. Elke pleknaam verteenwoordig ‘n brandpunt in die mens se geskiedenis waar gebeure hulle voltrek het. Die plekke het ‘n sterk konnotasie met die enorme pyn en emosie wat hiermee saamgegaan het, en het die mens se denkwyse onherroeplik verander.

Die CD-omslag gee die eerste leidraad en aanvanklike beginpunt van die liedjie. ‘n Uittreksel uit T.S. Elliot se gedig “Gerontion”. Dié gedig verwys spesiefiek na die “hot gates” wat vertaal word as Thermopylae – ook die laaste pleknaam in die lied. In die gedig verwys Elliot spesifiek na die slag by Thermopylae, Griekeland in 480VC.

Deur die hele lied word die verband dan getrek na al die ander plekke waar soortgelyke konnotasies gemaak kan word. Die posisie van elke pleknaam is van groot belang, aangesien dit die enigste manier is om klem op die boodskap te kon plaas. ‘n Voorbeeld hiervan is die frase “Waco Waco Bethlehem”. Die konnotasie aan Waco, Texas, is die massamoord van vele kinders en hulle ouers deur die selfaangewysde messias van ‘n sekte, David Koresh. Deur die slim herhaling van die woord Waco, klink die uitspraak hiervan as “Waco, wake, o Bethlehem”. Dit sinspeel op die geboorteplek van Jesus Christus, die ware Messias van die Christelike geloof. Nog ‘n voorbeeld is die omstrede Lockerbie-lugramp waarin 270 mense dood is. Pan AM 103 was onderweg van Frankfurt na New York, toe dit in ‘n terroriste aanval neergestort het in die Skotse dorpie Lockerbie. Daarom die volgorde: “Frankfurt, New York, Lockerbie…”

Ná “Hot gates” is daar ‘n lang periode van stilte en dit is eers in 1999 wat Christopher se treffer “Die mense op die bus” die publiek opnuut aangryp. Die temalied van Iemand om lief te hê word gou ‘n treffer en Laurika moet taamlik vinnig maak om die album uit te reik.

In 2002 verskyn twee nuwe liedjies uit Christopher se pen – albei met dieselfde naam. “Jy moet die koor altyd met groot versigtigheid skryf. In enige lied is die koor universeel. Man ontmoet meisie. Koor. Man verloor meisie. Dieselfde koor, maar die keer met ‘n ander betekenis.”

En dit is dan presies wat Christopher doen met die liedjies “Kom laat ons sing” (1) en (2). Die eerste liedjie is ‘n vrolike “Kaapse Klopse”-liedjie wat almal roep om te sing oor die liefde (die tydelike ding). In die tweede liedjie word presies dieselfde refrein gebruik, maar met ‘n somberheid van ‘n predikant wat by ‘n begrafnis die gemeente vra om te sing oor die liefde (die tydelike ding). Hiermee beklemtoon Christopher hoe dieselfde woorde verskillende betekenisse kan hê.

Met Laurika se nuwe album, My ou tante Koba druk hy weer stewig sy stempel af met drie nuwe liedjies: “Die diep blou see”, “Over the hills and far away” en natuurlik die titelsnit. Die tekens toon reeds dat “My ou tante Koba”, soos haar voorgangers, ‘n ou-bekende in die Suid-Afrikaanse huis gaan word.

Christopher Torr het vele harte geraak oor ‘n periode van 18 jaar. Hy gebruik woorde baie suinig, maar met groot effek – woorde wat spreek van iemand wat die mens se hart net-net verstaan. En miskien beskryf Laurika alle Afrikaners se wens as sy haar ideale album beskryf – een met veertien nuwe liedjies uit Christopher se pen!

Laurika is ook tans besig met die samestelling van haar album “Laurika Rauch: die nuwe trefferalbum 2004″. Die album word later in 2004 vrygestel.

Onderhoud met Cutt Glas
Cutt Glas het vol sale getrek by die eerste Ukkasie kunstefees in Londen in Julie 2001. Die optredes is geborg deur die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans en SANLAM. Ilze Bezuidenhout van die SBA het in Londen met hulle gaan praat.

1. Die vanselfsprekende vraag is: wie het julle groep se naam uitgedink?

Tydens die speelvak van JOSEPH AND HIS AMAZING TECHNICOLOR DREAMCOAT, het al die “angels” saam ge”jam”. Dit klink toe aanvaarbaar en iemand stel toe voor ons moet ‘n groep begin. ‘n Groep het natuurlik ‘n naam nodig en toe begin die groot soektog. Daar was voorstelle soos: GEL, SEVEN SINGERS IN SEARCH OF A NAME, NOT ONLY ANGELS en talle meer. Een van die “brothers” van die “cast” het toe op die naam van CUT GLAS gekom. Die spelling is aangepas na CUTT GLAS om numerologies van waarde te wees.

2. Op die program is ‘n paar feite omtrent die lede van die groep. Maar wat staan nie daarop nie? Met ander woorde vertel ons iets omtrent elke lid van die groep wat julle nie noodwendig op die program sal druk nie!!!

KAREN is die Besturende Direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hierdie fees het op Maandag, 5 November 2001, die GERAAS musiektoekenning (Geraas is ‘n program op Suid-Afrikaanse televisie) gekry vir die musiekgebeurtenis van die jaar 2001.

SHIREEN is ‘n ma van ‘n 6-jarige.

ANNA is ‘n solokunstenaar.

JOLETTE is ‘n vryskutkunstenaar.

BONDINA is bestuurder van Gigs Galaxy, ‘n agentskap vir kunstenaars.

3. Hoe gaan julle te werk om ‘n nuwe liedjie te skryf?

Ons het oefentye soms soveel as 4 maal per week, of alternatiewelik 3 dae op ‘n “oefenkamp” weg van die huis (soos in die Magaliesberge). Dan “workshop” ons die nuwe liedjies. Dis 100% ‘n spanpoging!

4. Is daar iemand in die groep wat spesialiseer in die skryf van nuwe nommers?

Almal se “input” is ewe belangrik. Dikwels word die tiende idee eers aanvaar, maar as dit nie was vir die nege daarvoor nie, het die finale ook nie gerealiseer nie.

5. En die grappies en ander teks? Werk julle almal saam of hoe kom dit tot stand?

Ons hou die koerante dop en stuur sodoende baie van die politici op. Terloops, CUTT GLAS het ook ‘n GERAAS musiektoekenning gekry vir die Beste Humoristiese Album.

6. Hoe gaan julle te werk om ‘n program saam te stel? Hoe dikwels verander dit?

Die programsamestelling neem die langste. Daar moet ‘n oploop en verloop en al daardie klas van dinge wees. Die volgorde verander gereeld soos die verskeie funksies waarby ons optree, verlang.

7. Waaruit put julle inspirasie?

Wêreldgebeurtenisse en politieke gebeurtenisse; dis nou vir die teks. Die musiekinhoud gaan ons na gelang van wat gehore verkies.

8. Die vertoning in Londen het heelwat materiaal bevat wat toepaslik is op die uitgewekenes (“expats”) daar. Hoe het julle die materiaal vir die Ukkasie fees saamgestel en geskep?

Navorsing is en bly maar belangrik. So baie van ons eie vriende het geïmmigreer en talle is ook al weer terug. So, die eerstehandse ervaring het ons ingespan.

9. Julle het almal ander bedrywighede buiten Cutt Glas. Hoe organiseer julle alles om nog as groep op te tree?

Almal prioritiseer CUTT GLAS. Maar ja, almal doen ook ander dinge. Die reël is net altyd om die groep betyds te laat weet wat die ander doen. Soos wanneer iemand ‘n rol kry in ‘n pantomieme, word sy vervang met ‘n “understudy”.

10. Hoe het julle die Ukkasie fees ervaar?

Dit was ‘n gebeurtenis. Dit was ook HEERLIK om vir so ‘n deursnit jong gehoor te speel. Ons was bevoorreg om deel te wees van so ‘n EERSTE.

11. Enige wenke vir mense in ander lande wat dalk ‘n minikunstefees wil aanpak in die buiteland?

Maak seker wie jou teikengehoor is, en kies die kunstenaars dienooreenkomstig.

12. Is dit die toekoms vir Afrikaanse kunstenaars: om buiteland toe te trek om sodoende ‘n bestaan te maak?

NEE. As ‘n kunstenaar sy merk maak in Suid-Afrika en dan vertrek en na jare terugkeer … voel dit soms asof hulle nie deel is van al die gewerskaf wat aangaan rondom die beveiliging van teater in ons eie land nie.

13. Hoe is die mark in SA? Het mense geld vir kuns en kultuur?

Kultuur oor die algemeen “chop” maar af. Die meeste teaters is tans in ‘n gemors … maar die kunstenaars self is in ‘n blomtydperk. Daar is nog nooit so geskep as nou nie. Ek skryf dit toe aan die feit dat daar baie groot kunstefeeste is waartydens die kunstenaars hulle werk ten toon kan stel.

14. Dink julle dat kunstenaars ‘n opvoedingstaak het of is dit pure vermaak en geldmaak?

Definitief opvoeding ook.

15. ‘n Laaste woord?

CUTT GLAS wil graag vir Stef Bos gelukwens met sy GERAAS musiektoekenning vir die beste CROSS-OVER ALBUM.

Webwerf: www.cuttglas.co.za