Afrikaans.be » Poësie

Festival voor het Afrikaans in Amsterdam, Nederland
Drie dae lank staan Afrikaanse musiek, toneel, literatuur en poësie in die kollig by die Festival voor het Afrikaans in Amsterdam, Nederland. Hoogtepunte sluit in optredes van Breyten Breytenbach, Gert Vlok Nel, Chris Chameleon, Amanda Strydom en David Kramer. Die Festival voor het Afrikaans vind plaas in die Tropentheater, van 17 tot 19 Junie 2011. Meer inligting op http://www.tropentheater.nl/festivalvoorhetafrikaans.

Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel in Nederland
Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel sal op 17 Junie 2009 optree by Raakruimtes in Hengelo, Nederland. Meer inligting hieroor is onder “Programma” op die Raakruimtes website.

Chris & Ingrid op ‘n Europese voetpad…
Werner Coombe gesels met Chris Chameleon oor sy eerste solo album, Ek herhaal jou, ‘n toonsetting van die gedigte van Ingrid Jonker.

Chris Chameleon tree op Sondag 6 Augustus 2006 op by Folk Dranouter in België.

Werner Coombe gesels met Chris Chameleon oor sy eerste solo album, Ek herhaal jou, ‘n toonsetting van die gedigte van Ingrid Jonker.

Ek dink daar is drie eienskappe wat Chris Chameleon werklik uitsonderlik maak:  eerstens sy ongelooflike range – sekerlik een van Suid Afrika se sangers wat die mees oortuigend ‘n lae basnoot kan afwissel met falsetto.  Tweedens is dit sy toewyding en harde werk.  En laastens is dit sy vermoë om die siel van ‘n lied te ontmoet.  Die bekende sangeres Tori Amos verwys na die konsep as vorm-verandering (shape-shifting)- waar sekere mense die voorreg het om die universele kreatiewe vors te ontmoet, en dit dan van vorm te laat verander deur jou spesifieke talent.  Vir Chris se eerste solo album, Ek herhaal jou, was die uitdaging egter uniek.  Die lirieke en siel van die liedjies was reeds geskep en lewend gemaak deur Ingrid Jonker.  Chris moes hulle gaan ontmoet, en ‘n uiteindelike ontmoeting met Ingrid se hart self, was onafwendbaar.

‘n Vraag wat ek al lank mee worstel is waarom sekere kunstenaars die vermoë het om diep binne my hart en siel te klim, en ander my totaal onaangeraak laat.  En miskien lê die antwoord in die vermoë van die kunstenaar om oortuigend oor te kom – om na die werk te luister en die emosie te voel en te beleef, in dieselfde rouheid en eerlikheid as die kunstenaar self.  Min mense besef hoeveel ure iemand soos Laurika Rauch alleen in ‘n kamer sit voor sy die verhoog opstap.  Hoe belangrik dit is om die diepste deel van jou wese te gaan soek en elke liedjie te gaan ontmoet, omhels en een te word met hulle geluk, seer en verwerping.

En dit is dan in Amsterdam, Nederland, wat ek die voorreg het om vir die eerste keer Chris Chameleon op die verhoog te sien en te beleef.  Dit is die laaste vertoning van sy Europese toer – en die rokerige saal is gepak met ‘n grotendeels Nederlandse gehoor.  Sy 70′s bankrower snor, nou hemp en nonchalante houding gee weer dat hyself maar ‘n bysaak is – en in daardie tyd word net een ding na waarde geag:  die musiek.  ‘n Reis begin met ‘n stereo-agtige gebrom deur die mikrofoon – gevolg deur ‘n Freddy Mercury falsetto – en as Chris sy oë sluit verlaat hy die verhoog en neem hy die meeste mee om hulle te gaan ontmoet –  Die onverkrygbare, Bitterbessie dagbreek, Ontvlugting…

Ek ontmoet Chris aan die einde van die vertoning – en miskien is dit te verwagte dat hy beide diep in ons gesprek betrokke kan raak – en tog met nederigheid en ‘n byna terloopsheid kan verwys na die “werk” en die komplimente van die gehoor kan omhels.

Vele mense het al probeer om Ingrid Jonker se gedigte te toonset – met gemengde sukses.  Wat dink jy is die resep vir jou oorweldigende sukses met veertien van haar gedigte?

Wel, dis eintlik16 gedigte in 14 liede.  Ek dink die geheim was eerlikheid teenoor myself en getrouheid aan Ingrid se teks. By die toonsetting van gedigte moet die komponis sy eie ego opsyskuif en nie homself nie, maar die digter, dien. En dan is daar seker maar die geluk-faktor. Byna elke uitvoerende kunstenaar se ambisie is om iets te maak wat die publiek meesleur en betower, wat hulle hul laat vergryp aan sy werk. Dis tog hoekom ons dit uitvoer en nie in die binnekamer hou nie. Ek het dit reggekry, en ja, ek weet nie regtig hoe nie…

In die CD skryf jy ‘n nota aan Ingrid – wat is die belangrikste eienskap wat jy van haar geleer het tydens die toonsetting en belewing van haar gedigte?

Ek het van haar geleer dat n mens nie doekies moet omdraai nie. Dat jy niemand (nie eens jouself) moet ontsien om jou hart te verwoord nie. Anders sal dit geveinsd voorkom.

Is daar een van die gedigte wat jou meer besonders geraak het?

Die liedjies word soos kinders vir jou as jy hul eens geskape het, en soos enige goeie ouer kan ek nie n enkele kind uitsonder nie.  Maar ek word om een of ander rede nooit so kwaad vir “op die voetpad”  as sy verbrou nie…

Wat was die reaksie van die Europese gehore tydens jou vertonings en was dit vreemd om dan meestal in Afrikaans te sing?

Ek het doelbewus nie die lande soos Duitsland, Italië, Kroatië en ‘n paar ander wat gereeld deur Boo! bedien is, gespeel nie, omdat ek besef het die taaluitdaging sal kan ontaard in so ‘n mate dat dit die aandag van die musiek sou kon aflei. Daarom het ek op Nederland en België gefokus.  Die reaksie was n plesier om waar te neem: ‘n mengsel van fassinasie, genot en belangstelling.

Ek weet dat jy die album wil vertaal – is dit moontlik om Ingrid Jonker in enige ander taal reg te laat geskiet?

Gerrit Komrij het voortreflike vertalings van haar werk gedoen en ek het hulle intussen reeds in Nederlands vertaal. Sy vertalings is besonder musikaal en ritmies getrou.

Selfs as jong akteur in Sonkring was dit duidelik dat jy as kunstenaar hard werk en alles gee – is dit ‘n eienskap van jou persoonlik ook?

Dankie!  Ek gee makliker alles aan my kuns as op ‘n persoonlike vlak.  Kuns verloën my nooit nie.

Wat is die volgende uitdaging?

Ek toonset tans nog ‘n Afrikaanse plaat wat ek in Mei sal opneem, en dan wil ek dit tegelykertyd vrystel met die Engelse plaat wat ek sopas voltooi het.  Dis ‘n vreemde skuif, twee plate in verskillende tale terselfdertyd uitgee, maar ek hou van die unieke uitdaging wat dit bied.

Dit lyk asof jy ‘n maklike en gemaklike aanslag op die lewe het – sal jy jouself as werklik so rustig bestempel?

Nee – ek wroeg nogals baie, “betob” dinge.  Ek verkies swaar geselskap bo ‘n ligsinnige gebabbel. Dit maak my sosiaal ‘n bietjie wanaangepas, maar in my werk ontmoet ek genoeg mense dat dit my nie tot eensaamheid dwing nie.  Ek dink ek verstaan die kuns om in die regte sfeer op ‘n sekere gemaklike wyse oor te kom, dis deel van my werk, maar vrye tyd is ‘n ander saak.

Vind jy dit vreemd dat jou beeld oornag van “weird” rocker na gunsteling Afrikaanse seun verander het – alhoewel wat jy doen nie substansieel anders is nie?

Nee – ek waardeer dit. Op die lange duur sal dit hopelik bydra tot die ontwikkeling van ‘n bietjie meer begrip onder my eie mense – dat alles nie is wat dit skyn te wees nie en dat ‘n mens nie ‘n man op sy baadjie (en veral nie op sy rokkie!) moet takseer nie.

Ek stap die saal uit – diep geraak deur die vrou wat hierdie wesens kon skep – en die man wat hulle musikaal lewend kon maak.

Ingrid Jonker – Versamelde Werke, by Amazon.com

Ex libris die postmodernis
‘n Gedig deur Joan Hambidge, gepubliseer met vriendelike toestemming van die digter.

Uit stof is jy gevorm

en tot stof sal jy terugkeer

o, swymelende, poëtiese objek,

muse sonder weerga!

Hoe totaal buitensporig

hoe ‘jy’ ‘n ander ‘jy’ herhaal, herhaal.

Wat verraai dit nie tog van die digter

se beswyming nie?

Die liefde as huurkoop?

Of die inruilwaarde van die hartstog?

Dat hierdie pyn al vantevore, vantevore

gevoel, gely, gevoel, gely is?

Dat die wiel van die wonde

eentonig bly draai, bly draai

soos in ‘n Moulin Rouge?

Dat die gedig met ‘n interteks,

voetnoot en kniebuiging

‘n tekstuele lewe van sigself het?

O jy mag vra wáár is die vers dan?

Die gedig, liewe leser, lê

iewers tussen Hiroshima en Nagasaki

in ‘n atoomontploffing

of dit word ‘n vers in vertaling

(wat verlore raak, skryf Robert Frost

is die ware, oorspronklike, eenmalige gedig)

so groot soos ‘n borreltjie dialoog:

“O, jy is my begin en einde.”

Veral my einde. Sela.

Poësie en popkultuur: oor enkele gedigte van Joan Hambidge.: An article from: Literator, Tachycardia, Die Judaskus, Die swart sluier

Agter op ‘n ou Koevert
Sestiger skrywer, denker en filosoof n. sauer stuur ons hierdie introspektiewe gedig.

Bring my die spieël met die baie oë

met die duisend gedagtes

totdat ek ‘n oog vind

en ‘n gedagte

waar ek teen kan opklim

en dieselfde gesigte daar bo vind

en dieselfde spieël

en dieselfde gedagtes

totdat iemand voor my opstaan

met net één oog

wat loer tussen die elmboog en die lyf

net één traan waar alle trane in hang

één albaster wat alle albasters bekyk

en één wêreld waar alles ineen is

waar alles opeen is:

wat was, wat kom,

en veral die dinge wat nooit sal wees nie.

Elias P. Nel
‘n Paar gedigte deur die Afrikaanse skrywer digter, Elias P. Nel. Boekwurm.co.za het ‘n beknopte biografie:

Elias P. Nel is op Verneukpan in die Kenhardt-distrik gebore. Hy is tans pakhuisbestuurder vir die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap. Verhale van hom het verskyn in Tydskrif vir Letterkunde en Rooi Rose, en in die bloemlesings Indaba, Storiesjêmpyn en Die stukke wat ons sny. Hy lewer ook gereeld bydraes vir Volksblad se rubriek “Stop van myne”. Hy is stigter en tans voorsitter van die hulpvereniging Vriende van Verneukpan, kategeet in die VGK-gemeente, Kraaifontein en bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging.

treinrit

sardientjies in ‘n blik

styf ingeprop bo-op mekaar

teenaan mekaar

staan ons in die derdeklaswa

dit druk en beur

stam en stoot

dis tone trap en skouers skuur

“eina mister my têt!”

kla ‘n vroutjie benoud

“ek sê my bra

lossie antie se dairy”

skree ‘n ondeunde stem

uit die gesigtesee

onwelriekende rastafarier

toutjies hare saamgekoek

kom lê op jou bors

verswelg jou met sy aweregse aroma

twee verliefdes in skooluniform en vurige omhelsing

laat die vrouens vies wegkyk

prediker Bybel geopen in die hand

verkondig skreeuend

die koms van die laaste dag

niemand luister nie

hy is maar net ‘n stem

des roepende in die blikwoestyn

by elke stasie word bondels mensevlees

op die perron uitgespuug

net om weer gulsig

die volgende massa

in sy staalbuik op te slurp.

sonsondergang

someraande word die hemelruim

bo verneukpan

tot ‘n skouspel omtooi

God se vingers verf met kwistige hale

In die lug

Werk met helderkleurige pastels

Verander wit na rooi vuurgeel

Pers blou en swart

‘n kleurkaleidiskoop in skrille kontras

met die dorre aarde benee

nog ‘n dag het vrolik

kleurvol gesterf

namaqualand

waar bêre jy jou unieke geheim

wat berg en dal

eenmaal per jaar

in hemelse skoonheid klee

hoe word ‘n barre wêreld se leë niks

in ‘n oogwenk in ‘n blomtapyt omskep

waar bottergousblom madeliefie

koekemakranka en vygie

kliprante toe karos?

tooi tog ook my namaqualand

met jou geureprag om kleur en betekenis

aan my dorre leë lewe te gee.

as dit reën in die boesmanland

verby brandvlei op pad na verneukpan

waai boesmangras wuiwend

met withande

in ekstase oor die die druppels

wat nou sy wortels voed

driedoringbos staan parmantig uitgedos

sy verslete vaalswart jas verruil

vir donkergroen pels met

pienkgeel blommotief

!xthoba steek vetgeswelde

lowergroen vingers uitdagend in die lug

aan elk vinger pryk

‘n pienk blomring

…in verneukpan

begroet vaal roukleisteen huisies jou

wanneer sal ook hulle

soos driedoring en !xthoba blom?

** !xthoba is ‘n vetplant waarvan die lobbe met dorings oortrek is, mense eet dit omdat hulle glo dit het medisinale waarde.

ons is afriqua!

(met apologie aan Patrick Petersen)

my mede suid afrikaners

julle wat roem en en luid verkondig

-ons is afrikaners

-ons is africans

dit moet julle weet besef en aanvaar

ons is nie uitvaagsels mismaaksels

of natuurfratse nie

ons is uit afriqua

ons is uit afriqua

ons spore lê ingebed

soos pre-historiese fossiele

van die gariep troe-troe namaqua

outeniqua en verder tot waar

hoerikwaggo die seeberg rus

en die reste van Autshoma

se verdorde bene om vergelding roep

ons kom van vêr af aan

lank voor van riebeeck

toe afriqua nog donker was

was ons hier

verlig deur die lig van !Xthui Goab

die skeppergod van afriqua

ons is

wat ons is

ons is afriqua!

1. Hoerikwaggo is die naam wat die Khoikhoi aan Tafelberg gegee het, dit beteken seeberg.

2. Autshoma is die naam van Herrie die Strandloper.

3. !Xthui Goab is die opperwese wat die Khoikhoi aanbid het.

Plant Vir My ‘n Boom
‘n Gedig van Ingrid Jonker, geskryf vir André P. Brink, wat in die Februarie 1965 uitgawe van Sestiger (jaargang 2 nommer 2) verskyn het.

plant vir my ‘n akkerboom

sodat ek my gestalte kan herken

en dat die eekhorinkies hul akkers kom begrawe

gee vir my ‘n hond

met voetjies wat ek kan soen

snags as jy slaap toornig en goed

moenie dat hul my boom afkap nie

ontwortel verguis versplinter nie

gee hom ‘n hemel met blou akkers

maak vir my ‘n oop huis

sodat my vensters die dag mag ontdek

groen òf goud òf grys maar welgeskape

gee dat my hond my liefhê

dat ek hom te ete kan gee

as jy slaap verby die sterre en spieëls

van my voorkop

Ongetiteld
‘n Gedig deur Herman Candries.

‘t Is weer de tijd

om dank te zeggen -

aan zovelen

wel duizend maal

voor vrede

vriendschap

wijze raad

een schouderklop

een warm onthaal.

‘t Is weer de tijd

voor hoop

bij ‘t nieuwe jaar

voor vrede

vriendschap

wijze raad

een schoulderklop

een warm onthaal…

Op weg nu

Voor toch een nieuw verhaal.

In die nagstilte
‘n Gedig deur Ilze Bezuidenhout.

In die nanagstilte

Mag ek treur

Mag ek mis-

Tig word my geheue

En my verlange.

Maar in die skaars son

Lig ek kop-op

Die onbekende newels tegemoet.

Breyten Breytenbach: Mondmusiek
Met sy CD Mondmusiek betree Breytenbach die arena van digters soos Allen Ginsburg, die digter as vermaaklikheidskunstenaar. Gedigte word voorgelees teen ‘n agtergrond van kunstig vermengde musiek, ritmes en byklanke.

‘n Uittreksel:

selfportret van ‘n poes-modernis

hy is ‘n witgat klipspinnekop

en daarom skuldig skuldig

maar hy is nie aspris so gebore tussen kak en pis

en belowe om dit nooit weer te doen nie

Uit: Papierblom (1998)