Justice Malala oor Zimbabwe

Geskryf deur Anton Raath | Politiek | Maandag 31 Maart 2008 11:08 am

Justice Malala skryf in die Sunday Times oor die hartseer verhaal van Zimbabwe:

Wanneer ons kinders die geskiedenis van post-koloniale Afrika leer sal hulle ‘n gevallestudie van Zimbabwe moet behandel.
Hulle sal leer hoe die “broodmandjie” van Afrika verval het in chaos, met die hoogste inflasiekoers in die wêreld.
Hulle sal leer dat ongeveer vier miljoen Zimbabwiërs moes vlug vir hongersnood en politieke onderdrukking.
Hulle sal leer hoe ‘n kleptokrasie homself verryk het terwyl die armes moes doodgaan.
Dit sal nie ‘n geskiedenisles wees nie. Dis ‘n ontleding van massamoord.

Hartseer woorde, maar ook bemoedigend. Die eerste stap na herstel is om die probleem te beskryf. Vir té lank was die reaksie van té veel Afrikane eenvoudig om die probleme van Zimbabwe te ontken, maar die probleme van Zimbabwe is nie iets wat die Europese Unie of die G8 of die IMF kan oplos nie. Die probleme van Zimbabwe sal in die sub-kontinent opgelos moet word.

Misdaadsyfers in Suid-Afrika

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen, Politiek | Maandag 9 Julie 2007 4:26 pm

Dat misdaad buite beheer is in Suid-Afrika weet meeste Suid-Afrikaners reeds, maar die presiese skaal van misdaad word veral duidelik as mens dit grafies kan voorstel:

Die syfers is reeds ‘n paar jaar oud, en nie noodwendig 100% akkuraat nie, maar indien enigiets is dit laer as die werklikheid.

Casper en die Terroriste

Geskryf deur Anton Raath | Politiek | Dinsdag 6 Februarie 2007 12:46 pm

Ek kry vanoggend in my e-mail een van Casper de Vries se snaakse (maar insiggewende) stukke uit sy blog. Op pad om Madonna in Amsterdam te sien vlieg hy via Londen, net mooi toe — soos hy dit stel — ‘n “paar vaak taap individue [...] beplan om vliegtuie in die lug op te blaas met ‘n potjie vaseline, Colgate en ‘n mp3 player”. Hy som die plesier van ure in die ry by sekuriteit op:

Vir my vlug Amsterdam toe begin die tou vir die sekuriteit al in die parkade. Die ure tik verby. Tick tick tock it’s a quarter to two, I don’t know what to do. Hoe nader ons aan die X-ray masjiene skuifel, hoe meer begin ons klere uittrek, want almal is teen die tyd laat vir hulle vlugte. Terselfdertyd weet ons die beamptes wil alles aan ons fynkam. Met die uittrekkery van baadjies, belde en skoene het ‘n paar mense vir mekaar geloer en telefoonnommers uitgeruil, maar ek was nie so gelukkig nie.

Soos skape by ‘n diphek drom almal saam en druk, want almal is haastig.

Ek vererg my vir die situasie waarin ons almal op die lughawe gedompel is deur ‘n klomp walgworse wat ‘n verwronge issue met die wêreld het. Dink enige iemand werklik dat ‘n ou tannie van 94 in ‘n rolstoel ‘n moontlike suicide bomber kan wees? Hoekom moet sy dan gestripsearch word? Hoekom moet elke liewe kind, man en vrou nou skielik van hoek tot koek ondersoek word? Kom ons wees eerlik en kyk na die feite; die klomp wat die afgelope paar jaar vir die terreurdade in die lug verantwoordelik was, was nog elke keer ektremisties Islamitiese mans. Nog elke liewe keer. En hulle het ‘n spesifieke “look” waarvoor die lughawepersoneel uitkyk. Hulle het daai “X-faktor” , soos Simon Cowell altyd bitch. Of “X-ray” faktor, as mens in lughawelingo wil praat. Hulle lyk beslis nie soos ‘n middeljarige blanke huisvrou uit Essex met boeksakboude en hangtette nie. Maar nee, nou moet ons almal een vir een deur hierdie ritueel gaan sodat dit “PC” lyk. Vir wie show ons af?

Maar as die gevaar eg is, is dit reg dat almal deursoek word. Ook Ouma in haar rolstoel, want as ek dreig om Oupa se Viagra weg te steek sal Ouma enigiets in haar handbagasie dra. Selfs ‘n botteltjie water. Of as Antie Doris ‘n kompetisie wen vir ‘n trip New York toe, hoe gaan sy weet daar is ‘n vals bodem in die oulike geel tas wat sy saamgekry het?

Die realiteit van regte terroriste is dat hulle altyd ‘n ander manier sal vind. Vir elke deur wat jy toemaak, is daar tien deure oop. As jy nie ‘n geweer op ‘n vliegtuig kan kry nie, vat jy plofstof. As jy nie plofstof op ‘n vliegtuig kan kry nie, vat jy ‘n garotte. En as jy absoluut niks op ‘n vliegtuig kan kry nie, blaas jy ‘n trein op. Of ‘n bus. Of ‘n donkiekar in ‘n mark. Maak nie regtig saak wat nie, want donkiekareienaars word net so bang as treinreisigers, en die enigste doel van terrorisme is om mense bang te maak.

Die vraag is of dit reg is dat mense bang is. Is die gevaar eg? Kort antwoord: nee, die gevaar van terrorisme is byna nooit eg nie, want selfs in Bagdad is jou kanse om opgeblaas te word bitter min. ‘n Kans is ‘n kans, natuurlik, maar ek het nog steeds nie die lotery gewen nie, so ek weet kans is nie dieselfde as gebeur nie.

Mense is in elk geval nie bang vir terroriste en hul kanse nie. Mense is bang omdat die regering en die media sê hulle behoort bang te wees. Ek is nie bang vir terroriste nie. Ek is nie bang wanneer ek ‘n jong moslim sien nie. Maar ek is bang wanneer ek by die lughawe is, wanneer klein mensies met groot magte my privaat eiendom en persoonlike lewe mag deurgrawe met latex handskoene. Wanneer ek nie kan onthou of ek daai laaste slukkie water uitgedrink het nie, of ek my naelvyl mooi netjies in my tas toegesluit het nie, of ek die Swiss Army sakmes wat ek al van Standerd 5 af het by die huis gelos het. Dit maak my bang, dit maak my senuagtig, en dit laat my sleg slaap elke keer voor ek moet vlieg.

So wie is die terroriste hier? Die absolute minderheid moslems wat bereid is om te moor vir hul geloof (meestal sonder veel impak of sukses), of die mense wat ‘n werklike impak op my en die algemene publiek het, die regeringsmense met hul donkerbrille en geheime en totale aanslag?

Want veel verskil tussen hierdie mense se gevare en dreigemente en PW se totale aanslag van die jare 80 is daar nie. ‘n Bang bevolking is ‘n gehoorsame bevolking. PW en sy mense het dit nie alles self opgemaak nie, maar hulle het dit definitief aangedik. Want solank ons leef asof daar ‘n totale aanslag bestaan, leef ons onder die reëls van so ‘n totale aanslag. ‘n Absurde aanslag waar botteltjies water en kinders se bababottels die belangrikste wapens is.

Eintlik is dit tyd dat ons, in ware PW styl, ‘n beskuldigende vinger uitsteek en die regte skuldiges agter hierdie terreur uitwys: die regeringsamptenare wat skielik regte mag bo hul eie verwagtings het, die staatsdepartemente wie se begrotings oornag vertienvoudig, en die media wat meer koerante verkoop met elke einde-van-die-wêreld storie. Dis die regte terroriste. As ons die terrorisme hier by sy wortel afsny los dit ‘n handjievol van Casper se “vaak taap individue” wat die wêreld wil opblaas, en ‘n network van polisie- en intelligensiedienste met die vermoë om hierdie mense dop te hou en te keer. Almal doen waarmee hulle goed is, en ek kan weer ‘n bottel water saamvlieg om my lugsiekpille mee te sluk.

Babelse Verwarring in Europa

Geskryf deur Anton Raath | Lage Lande, Politiek | Dinsdag 30 Januarie 2007 10:50 am

Baarle-Nassau in Nederland en Baarle-Hertog in België is twee voorbeelde van die komplekse verhouding tussen Vlaandere en Nederland. Of miskien één voorbeeld. So kompleks is dit. Baarle-Hertog bestaan uit 26 verskillende dele, met 22 Belgiese eksklawes in Nederland. (En nee, ek weet ook nie seker of “eksklawe” ‘n regte woord is nie, maar dit sou die teenoorgestelde van ‘n enklawe wees.) Aan die ander kant van die grens is daar sewe Nederlandse eksklawes in België. Die kleinste deel, H22, is maar 2.6km² groot. Die hele geografiese gemors is die gevolg van ‘n reeks middeleeuse verdraë, ooreenkomste en ruiltransaksies tussen die Hertoë van Brabant en die Here van Breda.

Miskien is dit ‘n aanduiding van hoe ouderwets die konsep van ‘n nasiestaat in Europa is. Is die mense van hierdie streek werklik so verskillend dat hulle verskillende regerings nodig het? Of maak dit meer sin om ‘n plaaslike verteenwoordiger op ‘n Europese vlak te hê? ‘n Europese Parlement met demokraties verkose verteenwoordigers maak sekerlik meer sin as die Babelse verwarring en vriendjespolitiek waaruit die Europese Parlement vandag bestaan.

 

Understanding the European Union: A Concise Introduction, Third Edition (European Union) The European Union: Readings on the Theory and Practice of European Integration The European Union: How Does It Work? (The New European Union Series)

FW: Afrikaans In Gevaar

Geskryf deur Anton Raath | Politiek, Taalpolitiek | Dinsdag 23 Mei 2006 9:12 am

Oud-president F.W. de Klerk het in Amsterdam erken dat hy bekommerd is oor die voortbestaan van Afrikaans. Volgens de Volkskrant “waarschuwt [de Klerk dat] de waarborgen in de Zuid-Afrikaanse grondwet om de Afrikaanse talen te beschermen, op allerlei wijzen worden omzeild”.

Zo heeft de regering steeds meer de neiging het Engels als enige ambtelijke taal te hanteren. Ook is het aantal scholen waar Afrikaans wordt gesproken afgenomen van 3400 in 1994 tot ongeveer 800 in 2006, en worden de universiteiten gedwongen steeds meer te ‘verengelsen’.

De Klerk was in Amsterdam vir vieringe vir van 125-jarige bestaan van die Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV). Van sy eie rol in die totstandkoming van die benarde situasie vir Afrikaans as kultuurtaal het hy klaarblyklik niks gesê nie.

 

Mandela & De Klerk The Last Trek--A New Beginning: The Autobiography The Last Defenders of the Laager: Ian D. Smith and F. W. de Klerk Charlie Rose with F.W. de Klerk; Ed Bradley (June 14, 1999)

Letter to America

Geskryf deur Anton Raath | Politiek | Woensdag 11 September 2002 11:59 am

Breyten Breytenbach se brief rakende Amerika se buitelandse beleid het in The Nation se 23 September 2002 uitgawe verskyn. Die onderwerp het bitter min (indien enigiets) met die normale inhoud hier te doen, maar gesien Breytenbach se status as old man of letters van die Afrikaanse literatuur word die brief se inhoud hier ten volle weergegee.
(meer…)

Inleiding tot Die Opkoms van Ons Derde Stand

Geskryf deur Anton Raath | Politiek | Saterdag 13 Julie 2002 11:52 am

Voorwoord deur N.P. van Wyk Louw tot ‘n boek getiteld Die Opkoms van Ons Derde Stand (Human & Rousseau, 1960), deur Eerwaarde D.P. Botha. Spesifieke verwysings na die boek is geredigeer vir bondigheid, maar daar is nie aan die aard of strekking van die stuk verander nie.
(meer…)

Stef Bos oor blanke Afrikaners

Geskryf deur Anton Raath | Politiek | Maandag 22 April 2002 1:33 pm

‘n Onderhoud van Eric Rinckhout met Stef Bos uit De Morgen, gepubliseer op 8 Desember, 2001.
(meer…)

Suid-Afrikaanse Parlementslede Besoek België

Geskryf deur Anton Raath | Politiek | Vrydag 25 Januarie 2002 2:07 pm

Vanaf 11 tot 17 Maart 2001 het ‘n groep parlementariërs en taalbeplanners uit Suid-Afrika België besoek. Die doel van hul besoek was om te sien hoe veeltaligheid in die Europese Unie bestuur word, en hoe dit in Suid-Afrika toegepas kan word.

Die Suid-Afrikaanse delegasie het ook die Europese Parlement en die Vlaamse Parlement besoek. By die Vlaamse Parlement is ‘n gespreksforum georganiseer waar politici en akademici verskillende onderwerpe soos die bestuur van veeltaligheid, asook die voordele en die finansiële implikasies van ‘n goed georganiseerde veeltalige stelsel onder die loep geneem het.

Hierdie verslag is ‘n volledige samevatting van hul gevolgtrekkings en hul toekomsblik vir veeltaligheid en die implementering daarvan in Suid-Afrika.

Die toer is georganiseer deur die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans en CETRA (Centre for Translation, Culture and Language) aan die Katholieke Universiteit Leuven, onder leiding van prof. Jose Lambert. Die medewerker van die SBA in België, Nederland en die Verenigde Koninkryk is Ilze Bezuidenhout.

Die volledige verslag in Engels kan gelees word by:
asinamali.pdf [59KB Adobe Acrobat dokument]
asinamali.doc [90KB Microsoft Word dokument]