UNESCO Atlas Van Bedreigde Tale

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Woensdag 25 Februarie 2009 12:46 pm

UNESCO het ‘n interaktiewe kaart van bedreigde tale op hul website, met die onderskeie tale opgebreek per land. Gedink Afrikaans is ‘n bedreigde taal? Dink weer. Met ongeveer 13 miljoen mense wat Afrikaans as eerste, tweede of derde taal praat is dit nie eers naastenby in dieselfde kategorie as enige van die bedreigde tale nie.

In Suid-Afrika is daar drie tale met uitsterf bedreig: N/uu (8 sprekers), Xiri (87 sprekers) en Korana (nie ‘n enkele spreker waarvan UNESCO weet nie).

Afrikaans Uit in Standerton Hospitaal

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Maandag 16 Junie 2008 10:37 am

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek ‘n klag teen Standerton Hospitaal, na ‘n amptenaar van die hospitaal na bewering dokters by die hospitaal verbied het om voorskrifte of aantekeninge oor pasiënte in Afrikaans te maak. Die amptenaar, Henriette Lodewyk, het die dokters skriftelik laat weet dat die maatreël bedoel is om misverstande met Engelssprekende verpleegpersoneel te voorkom.

Koopkrag van Afrikaans Onderskat

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Vrydag 23 Mei 2008 12:46 pm

Interessante statistieke berig deur Rapport op Bizcommunity.com:

Afrikaans-speaking South Africans are an affluent proportion of our population. According to AMPS 2007B, of the 4 million Whites in the country, 59% are Afrikaans and 79% of Coloureds have Afrikaans as their first language. [...] The Afrikaans South African is regarded as having great buying power, strong initiative, independence and decisiveness. AMPS 2007B reveals that 34% of LSM 7-10 and 38% of LSM 8-10 are Afrikaans speaking consumers whilst companies that advertise only in the English media reach just 10% of Afrikaans-speaking consumers in the high-income LSM 8-10 brackets.

Afrikaans Verban Op Radio 2000

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Woensdag 14 November 2007 5:12 pm

Uit die Volksblad:

Geen Afrikaanse musiek mag meer oor die nasionale radiogolwe van Radio 2000 gespeel word nie. Volksblad het gister vertroulik verneem ’n nuwe reël geld van vandag af op dié radiostasie waarvolgens geen Afrikaanse musiek tussen 06:00 en 18:00 gespeel mag word nie.

Nie dat ek ooit na Radio 2000 luister nie, maar nog steeds…

FW: Afrikaans In Gevaar

Geskryf deur Anton Raath | Politiek, Taalpolitiek | Dinsdag 23 Mei 2006 9:12 am

Oud-president F.W. de Klerk het in Amsterdam erken dat hy bekommerd is oor die voortbestaan van Afrikaans. Volgens de Volkskrant “waarschuwt [de Klerk dat] de waarborgen in de Zuid-Afrikaanse grondwet om de Afrikaanse talen te beschermen, op allerlei wijzen worden omzeild”.

Zo heeft de regering steeds meer de neiging het Engels als enige ambtelijke taal te hanteren. Ook is het aantal scholen waar Afrikaans wordt gesproken afgenomen van 3400 in 1994 tot ongeveer 800 in 2006, en worden de universiteiten gedwongen steeds meer te ‘verengelsen’.

De Klerk was in Amsterdam vir vieringe vir van 125-jarige bestaan van die Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV). Van sy eie rol in die totstandkoming van die benarde situasie vir Afrikaans as kultuurtaal het hy klaarblyklik niks gesê nie.

 

Mandela & De Klerk The Last Trek--A New Beginning: The Autobiography The Last Defenders of the Laager: Ian D. Smith and F. W. de Klerk Charlie Rose with F.W. de Klerk; Ed Bradley (June 14, 1999)

Nederlands Bedreig?

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Maandag 26 Desember 2005 8:39 am

Nederlands is volgens sy kampvegters in ‘n toenemend benarde positie ten opsigte van Engels. Soos baie ander “kleiner” tale (want met ongeveer 20 miljoen sprekers is Nederlands sekerlik nie ‘n minderheidstaal nie) voel Nederlands die warm asem van globariserende Engels in sy nek.

UP Studente Kies Afrikaans

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Saterdag 29 Oktober 2005 8:52 am

Volgens voorstanders van dubbel-medium onderrig aan die Universiteit van Pretoria (van slegs Afrikaans na gemengd Afrikaans en Engels) is die meerderheid van die studente wel ten gunste van so ‘n aanpassing. Selfs al sou Engels dan die dominante voertaal vir beide administrasie en akademie word, sou ‘n aansienlike persentasie van studente die transformasie steun.

En tog, wanneer die studente kans kry om self ‘n standpunt in te neem, blyk die teenoorgestelde waar te wees. In die afgelope studenteraadverkiesings het meer as 5,000 van 9,300 stemme aan die Vryheidsfront gegaan, aansienlik meer as die 3,300 wat die Vryheidsfront in die vorige verkiesings behaal het. Die Vryheidsfront is uitgesproke pro-Afrikaans, en die studente se enorme steun vir die party se kandidate in die studenteraad is ‘n onomwonde bewys van die steun wat Afrikaans nog op die Tukkie kampus geniet.

 

Foundations of Bilingual Education And Bilingualism (Bilingual Education and Bilingualism) Foundations of Bilingual Education and Bilingualism

Multikulturalisme Herbeskou: Afrikaans in Minneapolis

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Saterdag 26 Oktober 2002 2:13 pm

Die Amerikaanse filoloog Jeremy Bergerson skryf oor sy liefde vir Afrikaans.
(meer…)

Die Noodsaak vir ‘n Skikking Tussen Afrikane en Afrikaners

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Donderdag 18 April 2002 1:29 pm

‘n Lesing gehou deur Koos Malan van die Groep van 63, as deel van ‘n debat tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) oor die Afrikaanse gemeenskap en die opposisiepolitiek, Oudtshoorn, 31 Maart 2002.
(meer…)

Die kunste of die politiek: wie doen die meeste om iets nuuts in Afrikaans aan te vang?

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Donderdag 18 April 2002 1:29 pm

‘n Praatjie gelewer deur Max du Preez by die Klein Karoo Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn as deel van Die Burger-lesingreeks, April 2002.
(meer…)

Volgende Bladsy »