Gesien op Twitter

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Woensdag 12 Augustus 2009 11:37 am

“Die radikale aanslag binne die groep is net so sterk as die radikale aanslag van buite. Miskien sterker en dodeliker.” Etienne Leroux op Twitter.

Afrikaans Nou Ook Op Reddit

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Dinsdag 11 Augustus 2009 9:46 am

Die sosiale nuus website Reddit het nou ook ‘n kategorie vir Afrikaans. Artikels oor en in Afrikaans kan hier gedeel word. Die voordeel van Reddit bo soortgelyke websites is dat Reddit se gemeenskap werklik besluit watter artikels na bo dryf en watter artikels sink. Anders as hulle mededingers kan enkele Reddit gebruikers met te veel tyd op hul hande nie die status van artikels maklik manipuleer nie.

Natuurlik, ‘n kategorie soos Reddit Afrikaans kan net werk as mense aktief artikels toevoeg en op- of afstem. So hoekom nie ‘n paar goeie artikels toevoeg nie?

Etienne Leroux op Twitter

Geskryf deur Anton Raath | Literatuur | Dinsdag 4 Augustus 2009 11:46 am

Oor minder as 5 maande is dit presies 20 jaar sedert die skrywer Etienne Leroux permanent na Welgevonden verhuis het. Hy was altyd “with it”, op hoogte van wat aangaan in die breër wêreld buite Koffiefontein. Ek dink graag hy sou vandag in sy studeerkamer agter ‘n rekenaar gesit het, sigaret in die hand en sy Hermes tikmasjien uit die pad geskuif, en sy wysheid met die wêreld gedeel het via Twitter. Volg hom hier.

Diesel uit ‘n klip vir Zim

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Woensdag 29 Julie 2009 1:23 pm

Ex africa semper aliquid novi. Of nie. ‘n Magistraat in Zimbabwe het die medium Rotina Mavhunga skuldig bevind aan bedrog, na sy senior lede van Robert Mugabe se regering oortuig het sy kan diesel uit ‘n klip laat verskyn. Die geeste van hulle voorvaders sou die mense van Zimbabwe jammer gekry het oor Zimbabwe se tekort aan brandstof, en daarom diesel uit ‘n spesifieke klip in Chinhoyi laat kom. Mavhunga het twee beeste en drie buffels as betaling van die regering gekry, volgens Mugabe. Senior lede van die regering het haar ook ‘n kar, ‘n stuk grond en ‘n reuse bedrag geld gegee.

Polisie wat gevra is om haar te arresteer vir bedrog het aanvanklik geweier, bang vir die bonatuurlike kragte wat sy teen hulle sou kon gebruik. Die Registrateur Generaal van Zimbabwe was waarskynlik betrokke by die bedrog, maar nie een van die ander mamparras betrokke in die saak het ‘n verskoning vir hulle liggelowigheid nie.

Firefox 3.5 in Afrikaans

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen | Woensdag 8 Julie 2009 1:49 pm

Die Afrikaanse weergawe van Firefox 3.5 is hier beskikbaar. As jou ouma online is, is dit die browser wat sy behoort te gebruik. Veilig, stabiel, vinnig, verniet. En as dit goed genoeg is vir jou ouma, is dit sekerlik goed genoeg vir die hele familie.

Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel in Nederland

Geskryf deur Anton Raath | Kultuur,Lage Lande,Literatuur,Musiek,Poësie | Dinsdag 2 Junie 2009 12:12 pm

Breyten Breytenbach en Gert Vlok Nel sal op 17 Junie 2009 optree by Raakruimtes in Hengelo, Nederland. Meer inligting hieroor is onder “Programma” op die Raakruimtes website.

Krüger Weg Uit St. Gallen

Geskryf deur Anton Raath | Algemeen,Geskiedenis | Dinsdag 2 Junie 2009 10:53 am

St. Gallen in Switserland het besluit om ‘n straat wat na oud-President Paul Krüger vernoem is, te hernoem na die Switserse skrywer en dramaturg Friedrich Dürrenmatt. Volgens ‘n artikel in Beeld:

Mnr. Theo Buff van die dorp se beplanningsafdeling het gesê die naam is verander “as gevolg van ’n verbintenis met rassisme”. “Binne die destydse konteks kan ’n mens verstaan dat ’n straat na Kruger genoem is, maar dit kan nie meer geregverdig word nie.”

Vreemd hoe die rassisme nie so erg was tydens apartheid nie, maar juis nou ‘n probleem geword het!

Krügerstrasse

Foto’s Uit Die Boereoorlog

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Saterdag 25 April 2009 12:29 pm

Nog foto’s uit die argiewe van Life.

Boere in Loopgraaf

Britse Soldate Gavang Deur Boere

Kanadese Troepe Storm 'n Buitepos (Naby Sunnyside?)

Verwoesting

Durban Vloot Vrywilligers In Ladysmith

President Paul Kruger

Britse Ballonkorps Rigting Johannesburg

Pretoria Val

Winston Churchill Met Ander Britse Gevangenes

Boere Met Ossewa

Geskryf deur Anton Raath | Geskiedenis | Saterdag 25 April 2009 11:57 am

‘n Foto uit die argiewe van Life.

Boere Met Ossewa

UNESCO Atlas Van Bedreigde Tale

Geskryf deur Anton Raath | Taalpolitiek | Woensdag 25 Februarie 2009 12:46 pm

UNESCO het ‘n interaktiewe kaart van bedreigde tale op hul website, met die onderskeie tale opgebreek per land. Gedink Afrikaans is ‘n bedreigde taal? Dink weer. Met ongeveer 13 miljoen mense wat Afrikaans as eerste, tweede of derde taal praat is dit nie eers naastenby in dieselfde kategorie as enige van die bedreigde tale nie.

In Suid-Afrika is daar drie tale met uitsterf bedreig: N/uu (8 sprekers), Xiri (87 sprekers) en Korana (nie ‘n enkele spreker waarvan UNESCO weet nie).

« Vorige BladsyVolgende Bladsy »